Wanneer liefde stil raak
Die son gooi sy warmte oor haar gesig, en sy luister na die aanhoudende gekoer van ’n duif wat geen Antwoord kry nie. Diep binne haar, daar waar niemand weet nie, is daar ’n plekkie waar sy wegkruip met haar seer. Dis dáár waar sy altyd antwoorde kry … en tog, waar soveel vrae ook […]
al
skeur die aarde oop druis die golwe oorweldiggend skeer die suid-ooster onvriendelik ween skares van vertwyfeling gaan harte stilstaan van vrees tweifel ek in ongeloof bewe ek in vreesbevangenheid soek ek na ander bakens in my lewe raak ek verlore in die stryd sneuwel ek daagliks in sonde glo ek nie – […]
douvars
klanke van jou siel speel mozartnote op my oor dieper, mooier en geseënd is jy as meeste bladmusiek in my lewe wals jy deur my dae – verdwyn jy onder horisonte van seëbeeld in elke grys sonsondergang wees my fanfare, my trompetgeskal wees my diepste dal waar musiek kan bykom gedagtes en drome […]
Stilte in beweging
Tussen droesem en droom ossilleer my gees op ‘n see van donkerte onder ‘n firmament so breed. Op ou perkament teken ek skewe lyne van die reis om die boesem van die lewe te navigeer met wysheid. Die nag se omhelsing is stil en ek dryf weg in tyd waar sterre soos antieke […]
Wete besef – Italiaanse sonnet
Daar is ‘n hartseer wat saggies groei, ‘n weemoed wat fluister in stille begrip dat drome stof is wat deur vingers glip, dat geluk ‘n sug is in die nag se vloei, die wêreld is nie ‘n groot avontuur maar voetspore wat verlore raak en gebroke oomblikke sonder spraak wat donker denke verf op ‘n […]
Die kleur van rou
In Oktober verander Pretoria in ’n ontploffing van pers. Die jakarandabome staan soos stille waghonde teen die blou lug, hul blomme sweef stadig neer soos sagte herinneringe wat op die siel val. Elke straat is ’n kunswerk, ’n gedig wat geskryf word sonder woorde. Pers is nie net mooi nie. Dis ook die kleur van […]
oeroue roep
koelte sak toe oor die weskus donker wolke trek saggies oor spoedig val die eerste druppel vroeg al kordaat fisante vandag heerlike verfrissende reën geval nou gaan fynbos en vygies blom selfs die ergste wind het gedraai tolbosse lê verslae alleen en tuur gemoedelik grom-brom kransduif net geoefende oor kan […]
‘Onse duineland’ – ’n liturgies-poëtiese gesprek met Buks Appelblaar
Ek stap saam met Buks Appelblaar die Kalahari-woestyn in. Tussen die saggolwende rooi-rooi duine wat kontoer tot in oneindigheid, raak ek opnuut bewus van die oneindige grootheid en alomteenwoordigheid van God. Ek het op my hurke tussen die duine gaan sit. In my hand het ek rooi-rooi Kalaharisand toegevuis. Dit het vir my gevoel asof […]