Die lewe in kontras (Opdrag 2)
Onder die wêreld se vergrootglas
lyk my lewe eersteklas
ek kan skoene aantrek
wat by elke geleentheid pas
alles is altyd onder beheer
daar is mense wat die kant van my begeer
hoog uit die wolke kyk ek neer
met geen introspeksie bly ek keer
die tyd stap aan
en drome hardloop agterna
Aan die anderkant breek my glaskasteel
soos ‘n boemelaar bedel my hart,
by die man in die spieël vir opgee
ek voel lewende dood
en smag na meer as net brood
my kas vol pretensie en voorgee
terwyl my arm ryk lewe my vreugde weg vee
blink kant vir die wêreld,
stukkende kant vir my hartkamers
twee onpaar skoene sal ek dra!
© Charnê Harding
7 Kommentare
-
-
charne
Dankie baie.
-
-

Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie
-

Driekie
Mooi saamgevat, Charne.
-
charne
Baie dankie Driekie
-

Callie Vermeulen
Pragtig Charne... hou baie hiervan.
-
charne
Baie dankie Callie.
-
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Netjieseskryfwerk 😊