‘n Tyd van luister(silwer)
sommer ek maar net wou stil wees
en nie aan jou
kierang-kierang
denneboom vergete
en gesplete skerwe van spieëls
wou resoneer
en net dalk my eie stilgeslypte verwyte
oor ‘n naak witblad (laat) disintegreer
sal ek ook dalk net dans,
deur ‘n luide dood van bierpotte in fees
en terug keur-
in sagte stiltes
©Morné du Preez
#bron-Ingrid Jonker Bitterbessie dagbreek
#bron-N.P van Wyk Louw Raka
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2021 – intertekstualiteit projek