Jongste aktiwiteit:

spyt


“ek het jou mos gesê”

smalende herinnering
aan waarskuwings vlieg
deur lug rond soos kartetse
op ‘n oorlogsfront

kouefronte kom en gaan
stadig kom die stuiptrekking
van ‘n koue winter tot ‘n einde
daardie laaste een is koud

mense kies links of regs
om te of om nie te doen nie
een volg die lewelose massa
ander staan terug en kyk

diepe spyt kom altoos laat
gevolg deur soektog na wysheid
ervaring – wanneer om te of om nie te
ware kennis en wysheid van Bo

volg hierdie leier of daardie een
wie volg watter een of gladnie een
voel gerus oor jou besluit of voel spyt
moet nie ander verwyt daaroor

elke aksie het spoedig ‘n teen-reaksie
wat verreikende gevolge in mense lewens het
wie soos skape verward in ‘n hok gedryf word
met elektroniese skok stokke is blind

maak van jou besluite elkeen iets goeds
gebruik die ware wysheid wat jy gekry het
op jou moeder se skoot – haar mond het dit
vir jou uit die Skrif geleer

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak