Poort van die heuningbye – Hoofstuk 20
Poort van die heuning bye(H20)
Martie maak die poeierdoos oop, dit was ʼn huwelike geskenk van Herklaas vir die
herdenking van hulle eerste huweliksjaar.
Geen poeier is meer in die doos nie maar in die spieëltjie sien sy die aftakeling van haarself . Sy skrik vir die vreemde maer gesig die terug staar na haar.
Haar hare is dooie glanslose slierte, haar gesig is wangbene met dun vel beklee, haar tande is geel en iets wat los in haar mond tekens van te weinig vars
groente en vrugte, sy n herken nie haar eie gesig nie dit behoort aan ‘n vreemde wie is die?
Liewe Heer straf u my omdat ek altyd Kobus lief gehad het en nooit ten volle my liefde aan Herklaas kon skenk nie?.
Linda Spies roep na Martie.
“Kom help asseblief, my kind is dood!”
Sy volg Linda na haar tent. Die jong vrou het gearriveer met ʼn 6 maande oue
baba maar die tekort aan ete het haar melk laat opdroog en die kind is oorlede
weens die oorsaak van geen melkvoorraad. Sy is reeds gewoond aan die versorging
van die dooies dit word net aanvaar dat sy behulpsaam sal wees met die uitlê
van die lyke.
Sy vee die klein kinder liggaampie af met die bietjie water uit die klein wit emalje-
bakkie sy sprei sy die onderrok van Linda oop op die kombers op die vloer, en plaas
die kinder lykie in die middel van die onderrok en begin die kledingstuk om die
kinderlyfie vou, daar is geen lyfie meer nie net ʼn klein hoeveelheid beentjies oortrek
met ‘n deurskynende geelagtig vel. Die dun blou bloed aartjies is sigbaar oopgesprei
onder die vel soos ʼn klein oop bloeiende orgidee.
Die kind was ʼn Moeders orgidee die sy moet mooi maak vir God se tuin.
Hy pluk die kamp tuin leeg aan blomme. Sy tuin moet nou reeds oorvol wees dink sy by haarself
“Mamma, Mamma! Kom dadelik!”
Martie sien haar dogter aan gehardloop kom die rok hang vormloos soos ‘n sloop om haar uitgeteerde lyf.
“Die Engelse vrou soek iemand die vloeiend Engels kan praat. Sy weier
om met die Hensoppers te praat, die kampbewoners versoek dat Mamma
namens hulle praat”
Martie lê die toegedraaide liggaampie in die arms van die Moeder:
“ Wag tot dat ek terug keer dan gaan ons saam na die begraafplaas
om haar ten ruste te lê”
“Dus goed Tante Martie, dankie dat u my bystaan in hierdie tyd van droefheid”
Die Engelse vrou het die hele kamp op stelte, Offisiere, Hensoppers skarrel rond
as sy haar vingers klap. Sy wonder wie is hierdie vrou die selfs die vet Offisier
uit sy gemakstoel kon laat spring.
Wie was Emily Hobhouse? Sy was gebore in Cornwall die dogter van ʼn
Engelse predikant, haar opvoeding was eg Victoriaans. Na die dood van haar
Moeder het sy die versorging van haar Vader oorgeneem soos dit betaamlik was
gedurende die tydperk.
Haar Vader sterf toe sy vyf en dertig jaar oud is toe pas begin haar vryheid. Sy
vertrek na Minnesota en begin werk onder die myners. Sy maak kennis met ‘n man
uit Mexiko en kondig haar verlowing aan, haar geluk ken geen grense nie. Wanneer
haar beker begin oorloop van blydskap, verbreek hy die verhouding en verdwyn soos
mis voor die son. Emily gaan terug na Engeland. Sy is diep seer gemaak en gaan
inwoon by haar oom Lord Hobhouse, ʼn lid van die Liberale party en ook bevriend met
die leiers van die Boere, die oorlog het toe reeds begin in Suid Afrika.
Die gesmokkelde pers berigte oor die toestande in die konsentrasie kampe
is daagliks die gesprek van die dag. Die Britte is in twee verdeel, die Oorlog masjien
ondersteuners en die gewone man op die straat.
Emily word sekretaresse van die Suid Afrikaanse Konsolidasie party, en begin
fondse insamel vir die mense in die Kampe. Die tweespalk van ontkenning in die
parlement gee aanleiding daar toe dat die Liberale lid van Parlement Leonard
Courtney ‘n versoek indien dat Emily persoonlik die kampe gaan besoek en verslag kom doen aan Parlement van haar bevinding.
Sy vertrek 7 Desember 1900 uit Engeland. Sy stig voor haar vertrek ʼn fonds
vir hulp aan die vrouens en kinders in die kampe.
Emily vertrek van uit Kaapstad met waens die twaalf ton voorraad vervoer. Sy
versoek Lord Kitchener om die Bloemfontein Kamp te besoek, hy was nie gretig oor
die versoek nie maar moes wel sy goedkeuring verleen aangesien Emily deur die
liberale Politieke Party afgevaardig was. Weiering sou ʼn groot debat in Engeland
veroorsaak, sowel as die indruk skep dat Brittanje definitief iets wil verberg.
Martie klop aan die deur van die Kamp Bevelvoerder. Meteens sien sy haar
afgebroke naels en die benerige hande van haarself haar fisiese verwaarlosing
dring tot haar deur sal sy ooit weer mens kan wees?
Die effens mollige vrou voor haar staan uit die stoel op en steek haar hand
met wit handskoene na Martie uit:
“Please to meet you, i am Emily Hobhouse, feel free to call me Emily”.
Die vrou begin langsaam, vinger vir vinger haar withandskoene uittrek dit fassineer Martie.
Sy spreek Emily aan:
“My name is Martie, and I will assist you with your lnvestigation”
Emily het die handskoene uitgetrek haar hande is sag en uitgebleik. As Martie haar aankyk sien sy dat daar ʼn gedetermineerdheid in die vrou se gesig
uitdrukking is miskien hou hierdie vrou die sleutel tot beter lewensomstandighede..
Die tyd sal dit aandui.
Word vervolg.
Navorsing. Hobhouse verslae.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.