Jongste aktiwiteit:

Poort van die heuningbye – Hoofstuk 20

Poort van die heuning bye(H20)

Martie maak die poeierdoos oop, dit was ʼn huwelike geskenk van Herklaas vir die

herdenking van hulle eerste huweliksjaar.
Geen poeier is meer in die doos nie maar in die spieëltjie sien sy die aftakeling van haarself . Sy skrik vir die vreemde maer gesig die terug staar na haar.

Haar hare is dooie glanslose slierte, haar gesig is wangbene met dun vel beklee, haar tande is geel en iets wat los in haar mond tekens van te weinig vars
groente en vrugte, sy n herken nie haar eie gesig nie dit behoort aan ‘n vreemde wie is die?

Liewe Heer straf u my omdat ek altyd Kobus lief gehad het en nooit ten volle my liefde aan Herklaas kon skenk nie?.

Linda Spies roep na Martie.
“Kom help asseblief, my kind is dood!”

Sy volg Linda na haar tent. Die jong vrou het gearriveer met ʼn 6 maande oue
baba maar die tekort aan ete het haar melk laat opdroog en die kind is oorlede

weens die oorsaak van geen melkvoorraad. Sy is reeds gewoond aan die versorging

van die dooies dit word net aanvaar dat sy behulpsaam sal wees met die uitlê

van die lyke.

Sy vee die klein kinder liggaampie af met die bietjie water uit die klein wit emalje-

bakkie sy sprei sy die onderrok van Linda oop op die kombers op die vloer, en plaas

die kinder lykie in die middel van die onderrok en begin die kledingstuk om die

kinderlyfie vou, daar is geen lyfie meer nie net ʼn klein hoeveelheid beentjies oortrek

met ‘n deurskynende geelagtig vel. Die dun blou bloed aartjies is sigbaar oopgesprei

onder die vel soos ʼn klein oop bloeiende orgidee.

Die kind was ʼn Moeders orgidee die sy moet mooi maak vir God se tuin.

Hy pluk die kamp tuin leeg aan blomme. Sy tuin moet nou reeds oorvol wees dink sy by haarself

“Mamma, Mamma! Kom dadelik!”
Martie sien haar dogter aan gehardloop kom die rok hang vormloos soos ‘n sloop om haar uitgeteerde lyf.

“Die Engelse vrou soek iemand die vloeiend Engels kan praat. Sy weier

om met die Hensoppers te praat, die kampbewoners versoek dat Mamma

namens hulle praat”

Martie lê die toegedraaide liggaampie in die arms van die Moeder:
“ Wag tot dat ek terug keer dan gaan ons saam na die begraafplaas

om haar ten ruste te lê”

“Dus goed Tante Martie, dankie dat u my bystaan in hierdie tyd van droefheid”

Die Engelse vrou het die hele kamp op stelte, Offisiere, Hensoppers skarrel rond

as sy haar vingers klap. Sy wonder wie is hierdie vrou die selfs die vet Offisier

uit sy gemakstoel kon laat spring.

Wie was Emily Hobhouse? Sy was gebore in Cornwall die dogter van ʼn

Engelse predikant, haar opvoeding was eg Victoriaans. Na die dood van haar

Moeder het sy die versorging van haar Vader oorgeneem soos dit betaamlik was

gedurende die tydperk.
Haar Vader sterf toe sy vyf en dertig jaar oud is toe pas begin haar vryheid. Sy

vertrek na Minnesota en begin werk onder die myners. Sy maak kennis met ‘n man

uit Mexiko en kondig haar verlowing aan, haar geluk ken geen grense nie. Wanneer

haar beker begin oorloop van blydskap, verbreek hy die verhouding en verdwyn soos

mis voor die son. Emily gaan terug na Engeland. Sy is diep seer gemaak en gaan

inwoon by haar oom Lord Hobhouse, ʼn lid van die Liberale party en ook bevriend met

die leiers van die Boere, die oorlog het toe reeds begin in Suid Afrika.

Die gesmokkelde pers berigte oor die toestande in die konsentrasie kampe

is daagliks die gesprek van die dag. Die Britte is in twee verdeel, die Oorlog masjien

ondersteuners en die gewone man op die straat.

Emily word sekretaresse van die Suid Afrikaanse Konsolidasie party, en begin

fondse insamel vir die mense in die Kampe. Die tweespalk van ontkenning in die

parlement gee aanleiding daar toe dat die Liberale lid van Parlement Leonard

Courtney ‘n versoek indien dat Emily persoonlik die kampe gaan besoek en verslag kom doen aan Parlement van haar bevinding.

Sy vertrek 7 Desember 1900 uit Engeland. Sy stig voor haar vertrek ʼn fonds

vir hulp aan die vrouens en kinders in die kampe.

Emily vertrek van uit Kaapstad met waens die twaalf ton voorraad vervoer. Sy

versoek Lord Kitchener om die Bloemfontein Kamp te besoek, hy was nie gretig oor

die versoek nie maar moes wel sy goedkeuring verleen aangesien Emily deur die

liberale Politieke Party afgevaardig was. Weiering sou ʼn groot debat in Engeland

veroorsaak, sowel as die indruk skep dat Brittanje definitief iets wil verberg.

Martie klop aan die deur van die Kamp Bevelvoerder. Meteens sien sy haar

afgebroke naels en die benerige hande van haarself haar fisiese verwaarlosing

dring tot haar deur sal sy ooit weer mens kan wees?

Die effens mollige vrou voor haar staan uit die stoel op en steek haar hand

met wit handskoene na Martie uit:
“Please to meet you, i am Emily Hobhouse, feel free to call me Emily”.
Die vrou begin langsaam, vinger vir vinger haar withandskoene uittrek dit fassineer Martie.

Sy spreek Emily aan:
“My name is Martie, and I will assist you with your lnvestigation”

Emily het die handskoene uitgetrek haar hande is sag en uitgebleik. As Martie haar aankyk sien sy dat daar ʼn gedetermineerdheid in die vrou se gesig
uitdrukking is miskien hou hierdie vrou die sleutel tot beter lewensomstandighede..

Die tyd sal dit aandui.

Word vervolg.

Navorsing. Hobhouse verslae.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed