Poort van die heuningbye – Hoofstuk 21
Poort van die heuning bye(H21)
Emily maak haar wit kant sambreel oop, sy hou dit omhoog die kontras van die netjies
geklede dame en die wit sambreel in die fyn geweefde” bruid kant” teenoor die
verhongerte vrouens in swart geklee maak ’n makabere indruk op die geoefende oog.
“Juffrou Emily”
“Martie geen Juffrou nie gewoonweg Emily asseblief, wat wou jy my vra of
meedeel?”
“Emily ek moet u waarsku my mense gaan ’n vyandige houding aanneem
teenoor u want vir hulle verteenwoordig u die Britse Volk en die bitterheid
teenoor Brittanje het oorgegaan tot ‘n ongekende haat die in die verre toekoms selfs in die verre geslagte nog sal voort duur”
“Martie verduidelik aan my waarom Kitchener die vroue in die kampe plaas?
volgens die Oorlog kantoor se nuus in Brittanje is dit om die vroue en kinders
beskerming te bied?”
“Beskerming, Emily glo jy dit? die Boer vroue staan by hulle mans en
Kitchener weet dat as ons sterf die mans die oorlog staak en moet buig voor die
Britte . Die haat vir sy aksie het reeds die liggame en brein betrek van die boere
vegters soos ʼn ongeneeslike swerende wond die nooit genesing kan vind nie dit sal
vir geslagte bly sweer”
Die stank vanaf die toilette is onuithoubaar. Emily gryp na haar fyn
.
geborduurde sakdoek en hou dit voor haar mond en neus soos ʼn masker in ʼn
operasie saal.
“Martie van waar kom die stank?”
“Emily van die toilette, die emmers word nie leeg gemaak nie en staan vir dae buite”
“Het julle dit aangemeld?”
“Aangemeld? Ons het versoek dat die toilette skoon gemaak moet word, ons
beddens kry om op te slaap, stoele om op te sit, brandhout om te kook, mediese
voorsiening, doodkiste vir ons sterf gevalle, seep om te was, water om mee te was,
wat dink u was die antwoord op ons versoeke?”
“Vertel my, ek wil dit graag weet?”
“Julle is vuil mense! die niks beter gewoond is nie. Ons was soos honde
weg gejaag uit die kantoor van die Offisier in bevel”
Met haar sakdoek voor haar neus stap Emily direk na die stinkende toilet
Emmers.
“Martie neem uit my sak my kamera en neem ʼn foto asseblief”
Emily hou die handsak uit na Martie. Martie maak dit oop en haal ʼn klein
vierkantige kamera uit, die Afrikaners noem dit kort weg die “Doos kamera” sy neem
sorgvuldig die foto maak seker dat dit in fokus is en wil dit terug plaas in die handsak
as Emily haar versoek om dit voorlopig in haar hand te hou vir meerdere foto’s.
Die vroue drom saam voor die tente in afwagting van Martie en die Engelse
Vrou.
“Wat wil sy van hulle hê,? of bring sy meer ellende mee?” Dit is die vra onder mekaar
Emily groet die vroue vriendelik dit is Tante Nellie Vermaak wat na vore tree
“Martie vertel haar dat ons mense nooit lewend uit die hospitaal kom na
opname nie daarom durf ons nie enige hulp aan neem van die sogenaamde Engelse dokters nie”
“Sekerlik Tante Nellie, ek sal dit meld”
Emily is diep getref deur die vele ellende en die haglike lewens omstandighede,
ook onder die bruin mense in die kamp.
“Emily ek moet jou hier verlaat want ons moet ʼn kind gaan begrawe”
“Martie ek wil die begrafnis bywoon as dit mag?”
“Sekerlik Emily, maar daar is geen doodskiste beskikbaar nie en die kind is toe
gedraai in ʼn linne onderrok so moet ons die dooies nou ter ruste lê in die barre
aarde”.
Emily volg die vroue na die begrafplaas, wanneer hulle Prys die Heer met
blye galme begin sing besef sy dat hierdie vroue alles aanvaar wat die Here oor hulle
bring en dat hulle geloof groter is as die oorlog self.
Emily vertrek na die ander kampe Norvalspoort, Aliwal Noord, Springfontein,
Kimberley en Oranje Rivier. Die skokkende toestande heers in al die kampe, met volle
vertroue stuur sy haar bevinding aan die Liberale party, sowel as haar verslag met
foto’s aan die Britse Koerante.
Die publikasie van die foto’s laat Kitchener geen ander keuse as om Emily
op die eerste boot te laat plaas en te laat deporteer uit Suid Afrika.
Hy stel die koerante in kennis dat alles wat sy aan hulle weergee het moet
beskou word as leuens teen oor die magtige Britse Volk.
Emily word in haar geboorteland beskou as ʼn ongewenste persoon. Sy word in
ballingkap gestuur na Frankryk waar sy haar verhaal skryf oor die toestande in die
kampe “The brunt of war and where it fell” die werk maak groot indruk op die
Europese bevolking en daar word veel simpatie betoon aan die stryd van die boere en Emily gaan voort met haar insameling aksie vir die kampe.
Martie sien Tante Hanna van Zyl op haar knieë wiegende heen en weer voor die
tent al roepende!:
“Here waarom wil u ons nie meer ken nie? Ons aanvaar u straf,
maar waarom steeds meer en meer u karwats oor ons rug laat gaan. Genoeg is
genoeg Heer!”
Martie probeer die knielende vrou orent help.
“Wat is verkeerd Tante Hannah?”
“Martie die berig het my bereik dat die Engelse nou die Kaapse Rebelle fussileer
daar is nog geen wet op die boeke nie, maar omdat hulle simpatiek betoon aan die
Boere word hulle net dood geskiet, koelbloedig Martie net koelbloedig dit is die Goddelike waarheid. Die Here het Sy gesig teen ons gedraai!”
“Tante dit is sekerlik net stories, die Engelse sal nie oorgaan tot sulke
dwaashede nie”
“Martie my swaer Hendrik van Heerden, van die plaas Sewefontein in die
Noordkaap het proviand verskaf aan die kommando van Kommandant Kritzinger. Na
die vertrek het die soldate van Kolonel Gorringer ʼn inval op die plaas gedoen, Hendrik
was gearresteer en na die dorp geneem vir teregstelling”
“Tante wat vertel u my nou? dit is iets onheiligs!”
“Martie op die dorp was al die “Ongewenstes” dit is nou die Predikant en die
hele gemeente geforseer om die teregstelling by te woon”
“Tant Hanna, is dit nie net ʼn rondloper storie nie? Dit kan tog nie waar wees nie?”
“Martie dit is die Goddelike waarheid. Hy moes op ʼn stoel sit langs die vers
gegrawe graf, twaalf soldate het hom geskiet en hom met stoel en al in die gat laat
val daarna het hulle water in die graf laat loop en kalk oor hom gestrooi”
Martie slaan haar arms om Tante Hannah.
“Waar is God, het hy ons verlaat?”prewel Martie soos in ‘n gebed.
Word vervolg
Navorsing: Geskrifte Hobhouse
Fusillering “So het hulle gesterf”deur Jooste en Oosthuizen
Karakters fiktief.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.