Poort van die heuningbye – Hoofstuk 22
Poort van die heuning bye (H22)
Brain Mc Clacghlan sou nooit kon dink dat sy dae as soldaat sal eindig by die slag
Van Modder en Riet Rivier op 9 Desember 1899 nie.
Generaal Koos Del La Rey, ʼn afstammeling van ʼn ou Nederlandse familie en
ʼn erg gelowige man moes tesame met Generaal Piet Cronjé die aanval beplan
by die Modder en Riet Rivier, die naam van die rivier gee ook aan dat dit erg
modderagtig is. In die middel van die riviere is die eiland bekend as “Mesopotamië”
hier het die twee manne hulle planne vir die aanval beraam.
Kruger wou die aanval van hier af loods maar Del La Rey was daarteen.
.
Hy was in die algemeen teen die idee van die oorlog en het dit ook duidelik
gemaak aan Kruger dat hy ten gunste was van onderhandeling met die Engelse is
in plaas van direkte konfrontasie.
Generaal Del La Rey wis dat President Kruger hom eindelik nie kan verdra nie
hy tolereer hom alleenlik omdat hy hom nodig het. Die samewerking met
Generaal Cronjé was afgedwing op Del La Rey wie nie eindelik veel vertroue gehad
het in die aksies van Cronjé nie.
Die Boere krygers was 3000 man sterk en het alleenlik beskik oor 6 Krupp grof geskut gewere en drie een pond Maxims in teenstelling met die Engelse 8000 soldate sterk en 16 grof geskut gewere.
Die Burgers het die Spoorweg brug opgeblaas en die enigste oorgang
was die Bosmans drif naby Modder rivier. Del La Rey het die Burgers laat ingrawe
in die modder van die rivier en goed laat kamoefleer en hy was oortuig dat die
Engelse nie so iets sal verwag nie.
Del La Rey het nie fisies self geveg nie maar was die outoriteit met bevele en
sy twee seuns het ook aan hierdie geveg deel geneem (die een seun het hier
gesterf)
Die dag van aanval was ʼn besondere warm dag en Cronjé het die aanval te
vroeg geloods. Vele Engelse soldate het in die hitte sterwende op die slagveld gelê
smagtende na water.
Die Engelse Generaal Kelewich het die aanval geloods met die Lancashire
Regiment en wel deur die drif. Brain moes sorg vir ʼn veilige oorgang deur die drif
hy sal egter nooit weet hoedat die geveg begin het of geëindig het nie want by die
drif het hy gesweef oor Edinburg. Hy was weer ‘n student. Die studente onder
mekaar het ʼn weddenskap aan gegaan wie die vinnigste op sneeu deur die smal
straat uitgelê met “Kinderhoof stene” vanaf die Edinburgh kasteel na benede op ʼn
skaatsplank kan gly, hy is seker dat hy die winnaar was want hy het
onsamehangend gepraat in die veldhospitaal voordat hy vervoer was na die
Kimberley Hospitaal. Hy was ʼn afgeskrewe geval, min hoop vir oorlewing van sy
verwondinge het bestaan.
Die operasie om Brain weer aan mekaar te lap het ure geduur. Wanneer hy
bykom staan Suster Ina Nel langs sy bed. Hy het geen idee waar hy hom bevind nie
hy probeer sy hand na haar uitsteek.
“Tilda, Tilda, ek sal jou taal leer en al die sproete tel oor jou neus moenie
weg gaan nie Tilda bly by my”
Suster Nel roep na Dr. Michaels:
“Dr. Die soldaat is vreeslik deurmekaar hy roep na ene Tilda sonder ophou
sal hy oorleef?”
“Suster hy is geen Engelsman nie maar ʼn Skot, hulle taai as hy die operasie
oorleef het sal hy definitief oorleef”
Brain herstel langsaam. Hy vra Suster Nel om iemand te vind die gewillig is
om hom Afrikaans te leer. Juffrou Trichardt ʼn afgetrede onderwyseres meld haar
aan. Sy sit lang ure langs sy bed, en leer hom Afrikaans hy is heel vinnig van
begrip hy snap vlug haar verduidelikings die uitspraak oefen hy oor en oor.
Die tyd het aangebreek dat Brain na Kaapstad vervoer moes word om
aan boord van ʼn skip te gaan vir Engeland. Medies kon hy nie meer deel neem aan
die oorlog nie. Hy betreur nie die feit nie want hy is dankbaar om nie meer vir die
Engelse te veg nie, hy is immers ʼn Skot en die Engelse het nooit geen genade
geopenbaar vir die Skotte nie, selfs so ver gegaan om hulle Koningin” Mary
Koningin van Skotland” wreed te laat onthoof.
Brain is toegerus met boeke deur Juffrou Trichardt vir self studie. Die skip vaar
verby Robben Eiland, met behulp van ʼn wandelstok sukkel Brain aan dek om sy
loop oefeninge te doen, Tafelberg word kleiner en kleiner sy gedagtes is by Tilda
“Tilda Brink ek sal jou taal vloeiend leer praat en terug keer na Suid Afrika dit is ʼn
belofte”.
Word vervolg.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.