Poort van die heuningbye – Hoofstuk 23
Poort van die heuning bye(H23)
Kobus was vir die dag na die dorp, wanneer hy terug kom swaai hy opgewonde
ʼn brief voor Lenie.
“ Lenie, die magistraat het my geroep en hierdie brief aan my oorhandig dit
is so waarlik vanaf Paul, vanaf die eiland St. Helena! ek is so nuuskierig wat hy
te vertel het maak oop hou my nie langer in spanning nie”
Sy kyk na die brief in haar hand die koevert is vuil van hantering deur
verskillende hande. Sy durf dit nie oop skeur nie miskien skryf hy iets wat sy nie
wil hoor nie miskien is Floors dood? sy klem die brief stewig vas.
“Kom Lenie, skeur oop moenie langer talm nie”
Sy tel die mes op van die tafel en steek die lem onder die koevert omslag in
met ʼn vinnige trek beweging sny sy die koevert oop. Die brief is vierkantig
gevou sy vou dit oop en begin lees hardop sodat Kobus ook kan hoor. Later sal
sy dit weer lees as Tilda tuis kom vanaf die bye neste.
Die handskrif is so eg, sy wil daaroor vryf miskien klim Paul uit tussen die
sinne, dan begin sy lees.:
My dierbares daar op Heuningkloof.
Ek hoop dat die brief julle bereik een of ander tyd dit is my gebed elke dag.
Met Floors, Gideon en myself gaan dit goed na omstandighede ek wens dat
ek dieselfde nuus kon gee oor Herklaas. Hy het net siek geword, die Engelse
Dokter kon dit nie diagnoseer nie dit is asof hy alle hoop verloor het om
verder te leef. Hy het net op gegee en gesterf, ons het hom hier op die Eiland begrawe.
Herklaas het Gideon laat belowe dat hy die plaas weer sal opbou en na sy
Moeder, sy susters en broer sal omsien. Ek wens dat ek self aan Martie die
berig kan stuur maar ons het geen idee waar sy haarself met die kinders bevind
nie, soveel ander mans het ook dieselfde probleem. Hulle is diep bekommerd oor
die families tuis.
Generaal Cronjé is hier saam met die manne. Ons het ook Penkoppe hier
van 11 jaar oud vir hulle is daar ʼn skool gestig. Die Predikante sorg dat die
moraal hoog bly. Die Engelse is nie so vreeslik ongenadig as in Suid Afrika nie,
hulle is baie gematig. Die kos word gerantsoeneer maar die vis is volop.
Sommige het groente tuine begin maar die Eiland het veel wind en die drink
water is baie brak.
.
Die Eiland was ʼn verversingspos vir die Kaap van die Verenigde Oos
Indiese Maatskappy. Die Eiland was onder Nederlandse beheer en daarna weer
onder Engelse beheer, Jamestown is die Hoofstad. Napoleon was hierheen
verban in 1815 en het hier gesterf 1821 en nou is ons Afrikaners ook bannelinge
hier net soos Napoleon in afwagting of ons ook hier eendag moet sterf of wel tuis kan sterf op eie bodem.
Ons wag vir vrede as dit gebeur het ons drie besluit dat ons teensinnig die
Eed van Getrouheid sal aflê sodat ons met ons lewe kan voort te gaan.
Die Generaal het ons vertel dat duisende van ons gevangene is in Bermuda,
Ceylon, en Indië, soms is die vraag “Vir wie het ons geveg? Vir Kruger? En wat
gaan ons wen uit die situasie?”
My dierbares tuis ons dink daagliks aan julle.
Lenie my liefhebbende vrou, Kobus my broer, Tilda my dogter, Martie en kinders waar sy ook al mag wees in ons gedagte hier op die Eiland is ons by julle tuis.
Julle Paul, Floors en Gideon.
Lenie vou die brief dig. Here is daar nog ʼn ramp wat haar jongste suster kan
tref? Sy self in die kamp, haar man dood in die vreemde, sy begin saggies huil.
Kobus trek haar teen hom aan.
“Huil Suster Lenie, my hart breek van smart vir Martie die soveel lyding moet
deur maak my Martie hoe sal sy dit alles kan verwerk?”
Sy maak haar los van Kobus en neem die koffie kan en begin koffie skink.
“Lenie daar was nog nuus op die dorp wat ek moet vertel”
“Wel vertel dan”
“Die Engelse vrou is weer terug sy werk op haar eie en is druk besig om die
Boere Generaals oor te haal om hulle oor te gee want hoe langer hulle veg hoe
meer vrouens en kinders sterf. Sy is besig om met President Steyn te praat.”
“Laat ons hoop sy het sukses. My suster en haar kinders sal hier na my moet
kom want hulle het geen tuiste meer nie dit is as hulle die kamp oorleef’ het?.”
“Die grootste nuus is dat Koningin Wilhelmina van Nederland die skip
“Gelderland” na Mosambiek gestuur het om President Kruger op te haal. Hy het
vertrek en Tante Gezina hier dodelik siek agter gelaat. Nou is die groot Olifant weg,
en die ander Generaals moet probeer om te red wat daar nog te red is.”
“Kobus laat ons hoop die vrede word gou gesluit “
“Ja, Lenie laat ons hoop!”
Word vervolg.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.