Poort van die heuningbye – Hoofstuk 24
Poort van die heuning Bye(H24)
Kobus sit op sy voorstoep langs hom staan ʼn beker stomende koffie. Hy suig
diep denkend aan sy pyp terwyl hy oor die vallei staar.
Die vrede van Vereniging is eindelik geteken op 31 Mei in die groot
tent te Vereeniging. President Burger het geteken namens die Transvaal,
De Wet vir die Vrystaat en dan het Kitchener en Milner die laaste hulle
handtekening geplaas. In vyf minute was die prosedures oor en verby, maar
die dooies kon nie teken nie en Kruger sit uit gerus in Frankryk en gaan
vandaar na Switserland. H y het die baba in die badwater gelaat sonder om
‘n oog te knip.
Met behulp van werkers uit die sending stasie het hulle alles weer
terug verhuis na die groot huis op die rant. Lenie en Tilda is daar hard besig
om alles in orde te bring vir wanneer Paul en Floors gaan terug keer.
Hy het van oggend vroeg via die sending stasie die berig ontvang dat
die kampe vry gegee is en dat Martie en haar kinders per trein gaan arriveer
op Vrydag oggend vyfuur. Hierdie nuus moet hy gaan oor dra aan Sus Lenie,
hoe gaan sy reageer? In welke toestand sal Martie en die kinders verkeer?
Martie is al ʼn paar dae erg siek. Sy bly lê op haar matras en praat
deurmekaar. Daleen spons haar ma af om die koors te breek. Henry het in
die ry gaan staan vir die ontvangs van die trein kaartjies. Martha roep na haar
suster Lenie:
“Gaan ons dans vanaand ek gaan my rooi satyn skoene dra en my
rooi chiffon rok is dit goed so Lenie?”
“Toe maar Mamma alles sal regkom, byt net vas u is amper veilig” fluister Daleen.
Sy sien al die jong manne op die dansvloer en iemand sing vir haar
“Meisie, meisie, kom dans met my,
Ek wil jou vasbind aan my sy”
Was dit Herklaas? of Kobus ? “God waarom deel u die straf so vreeslik uit? Is
dit omdat ek altyd Kobus Brink bemin het en Herklaas kon net my liggaam
besit?
“Mamma u yl “ Daleen vee weer haar Moeder se gesig af, as hulle
haar net stabiel kan hou totdat die trein vertrek “Asseblief Here hou u
genesende hand oor ons Moeder” bid sy saggies.
Dit is vier uur in die oggend as Kobus die wa trek agter die stasie
Gebou. Die eerste skemering is lig rooi in die weste as of dit gestorte bloed
verdun is met water. Sus Lenie het matrasse, komberse en kos mee gegee
en hy wie Kobus is, moet vandag sy jare lange liefde verberg vir Martie. Sy
bly die enigste liefde van sy lewe die her- ontmoeting na die afstel van die
troue het hy nooit so voorgestel nie.
Van ver af hoor hy die stoom trein se lang fluit in die stilte van die vroegoggend.
Die trein stoom die stasie binne. Die kondukteur spring ligvoets uit die
trein, die deure van die trein waens gaan oop die mense klim af en loop
by hom verby nêrens sien hy ʼn teken van ander passasiers nie. Hy wou net
die kondukteur nader wanneer hy ʼn beweging gewaar op die platform van een
van die trein waens. Twee kinders slepende aan ʼn gryshaar vrou, die self nie
reg op kan staan nie. . Die kinders self is net twee geraamtes. Hy hardloop
na die wa en tel die vrou op in sy arms. Sy is so lig soos ʼn klein dons
veertjie sy mompel aaneenlopend. Sy het grys geword en die beendere van
haar liggaam is oortrek met ʼn vel. Sy geliefde Martie wat het daar in die
kampe afgespeel? sal sy ooit weer kan herstel?
Hy lê haar versigtig neer op die matras en trek die kombers oor haar.
“Ek is so koud so vreeslik koud waar is Susan my dogter?”
Hy draai terug na die kinders hulle dra ʼn trommel tussen hulle weens
swakheid beweeg hulle voetjie vir voetjie. Hy neem die trommel uit hulle
hande en stap die laaste afstand na die wa in pas met hulle mee.
Kobus help die kinders op die wa.
” Daar is kos in die mandjie en rooibos tee met heuning,
probeer dit aan julle moeder gee maar klein slukkies op ʼn keer, julle self moet
klein stukkies eet julle mae is te swak vir te veel kos.”
Die reis na die plaas neem dubbel so lank as gewoonlik want Kobus
laat die perde rustig loop hy wil geen pyn veroorsaak aan Martie nie . Sy sal
nog die dood van Herklaas ook moet verwerk in haar huidige toestand, is sy
in staat daar toe wonder hy?
Wanneer hulle die plaas bereik is Sus Lenie en Tilda onmiddellik by
die wa .
“Hemel Kobus my suster en haar kinders is wandelende lyke”
“Lenie ek sal Martie eers in dra in welke kamer moet ek haar
plaas?”
“Kobus ek het die groot kamer onder in die gang reg gemaak
voorlopig gaan hulle al drie in een kamer slaap tot dat hulle oor die ergste is”
“Kobus daar is tog ʼn derde kind “Susan” was sy nie op die trein nie?”
“Lenie ek durf nie vrae stel nie, ek vermoed sy is dood wag totdat
hulle weer beter is dan kan ons alles aanhoor”
“Tilda is die warm water in die bad? Ek sal my suster bad jy moet
Daleen bad, en Kobus was jy Henry ons moet hulle warm toe dek en hulle
moet koppies vleis ekstrak drink ek sal vannag waak tot twee uur dan neem
jy oor Tilda”
“Dit is goed Moeder”
“Lenie ek sal ook waak ek moet weet dat sy weer herstel, God kan
haar nie nou van my weg neem nie ek het so lank gewag”
“Kobus ons sal veg vir haar lewe beide van julle moet kan geluk
proe in julle laaste jare op aarde”
Word vervolg.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.