Poort van die heuningbye – Hoofstuk 25
Poort van die heuning bye(H25)
ʼn Jaar na die ondertekening van die Vredesverdrag het Paul, Floors en Gideon terug gekeer vanaf St Helena Eiland hulle het die eed van getrouheid met die mond afgelê maar nie met die hart nie.
Vir Tilda was dit ʼn heuglike dag toe haar Vader en Broer terugkeer. Sy kon die Bye boerdery weer oorhandig aan haar Vader en op soek gaan vir ʼn posisie as Sekretaresse van ʼn Regsfirma. Sy wou onder geen omstandighede werk vir ʼn oorheersende Engels Firma nie die seer van die Oorlog was dik gewortel in haar brein.
Sy het aansoek gedoen in die Paarl die firma was heel klein, twee Advokate en drie personeellede die intimiteit van die firma het haar geval sy kon deel uitmaak as ʼn spanlid.
Die probleem by die firma was die een vennoot Dolf Pienaar, ʼn aantreklike man rustig, goed opgevoed dog ongetroud. Dolf het vanaf dag een meer as net werkgewer belangstelling in Tilda getoon hy het dit nooit mondeliks uitgespreek nie maar Tilda voel dit aan. Self het sy nooit aanleiding gegee tot enige flirtasie nie haar gevoelens teenoor Dolf was dieselfde as teenoor haar broer Floors.
Tilda plaas die vel tik papier in die tikmasjien en draai totdat dit korrek in lyn is dit is nou twee jaar verder na die oorlog. Haar gedagtes is steeds op Heuningkloof en haar Tante Martie en die kinders die van vooraf moes leer om weer ʼn normale lewe te lei. oom Kobus die geduldig wag totdat Martie gereed is om sy huweliks aansoek te aanvaar.
Sy verstaan haarself nie vele jong mans het reeds probeer vlerksleep maar iets in haar weier om enige toenadering te aanvaar. Soms dink sy laggend aan die Skot graag wou sy die uitdrukking op sy gesig sien toe hy moes aanhoor sy praat vloeiend Engels en is daar ook altyd die laaste woorde die hy haar toeroep “Eendag kom ek terug om elke sproet te soen”
wanneer sy aan die woorde dink gaan daar ʼn warm gloed deur haar waarom weet sy self nie dit bly onverklaarbaar.
Kobus en Jakob van die sendingstasie skoffel langs mekaar tussen die tabak rye. Jakob kom omhoog plaas sy hande alle kante van sy rugstring .
”Baas Kobus nou word my rug oud steeds voel ek die styfheid meer en meer as ek orent kom ja ons loop aan met die jare”
“Ja, Jakob ons loop vinnig aan na die vierkantige gat in die grond maar voor dit moet ons nog skoffel tussen die tabak” sě hy laggend.
“Baas Kobus daar kom wrintig ʼn perderuiter met ʼn pakesel vanaf die sending stasie verwag baas dan mense”
“Nee, Jakob wie kan dit wees?”
Kobus kom orent plaas sy hand voor sy oë en staar na die huis. Die persoon is besig om die perd vas te maak en laai die vrag af van die esel dan loop die persoon met die esel na die donkie kamp maak die draadhek oop en laat die esel ingaan wie sal dit wees?
“Jakob gaan jy maar aan solank ek stap gou huis toe miskien ken ek die persoon laat ek darem ʼn koppie koffie gaan aanbied vir die bekende of onbekende besoeker”
Die man is druk besig om die perd af te saal hy is geklee in ʼn donker bruin ferweel broek en bruin geruite hemp, met ʼn bruin hoed , Kobus wonder wie is dit?
“Middag Neef “
Kobus steek sy hand uit om te groet die man draai om en kyk Kobus voluit aan:
“Middag Oom Kobus gaan dit goed?” hy neem Kobus se hand.
Kobus staar met ongeloof na die man dit is die Skot Brain Mc Clachlin en hy praat Afrikaans!
“Brain waar kom jy vandaan?”
“Ek het drie maande gelede uit Skotland gearriveer per boot en het twee weke gelede hier na julle dorp gereis en gesoek totdat ek die stuk aangrensende grond hier langs oom Kobus gevind het en het dit gekoop. Ek wil ʼn huis in die vallei bou en my hier vestig maar ek wil eers die poort herbou dat voertuie maklik na benede kan kom om die oeste op te haal.”
“Brain dit is wonderlike nuus en jy praat Afrikaans hoe het dit gebeur?”
“Dit is ʼn baie lang verhaal die ek nou nie gaan vertel nie, maar ek wil vra of ek hier kan loseer terwyl ek aan die pad werk en dit is vanaf volgende week ek het reeds werkers aan geneem vanaf die Sendingstasie kan ek hier bly?”
“Sekerlik, neem jou goed na die spaarkamer waar jy destyds geslaap het ek maak solank koffie jy is seker al lus vir koffie en beskuit?”
“Fantasties Oom Kobus jy praat die regte woorde koffie en beskuit of soos julle sě…Boeretroos”
Brain neem die derde stuk karring melk beskuit uit die blik dan vra hy:
”Oom Kobus waar is u vrou en dogter?”
Kobus kyk verbaas na hom.;
Ek is nie getroud nie en het ook geen kinders nie”
“Geen vrou of kinders nie wie was dan die vrou en jongmeisie?”
“ Lenie is die vrou van my broer Paul op die plaas bo-op die rant en Tilda hulle dogter. Paul was ʼn Kaapse rebel saam met sy seun Floors, ons durf dit nie te vertel aan jou nie uit angs vir hulle lewe. “
“Wat ʼn verhaal is hulle almal op die boonste plaas, Tilda ook?”
Kobus kyk na Brain dadelik weet hy die Skot het die liefdesskoot hoog deur, hy wonder wat sal Tilda sệ as sy dit moet weet?
“Tilda werk in die Paarl in die kantoor van Advokate, sy kom miskien Kersfees met verlof na huis”
“Is sy dan nie getroud nie?”
“Brain Tilda is vol bestellinge die regte man het nog nie opgedaag nie so vertel sy altyd as ons enige vrae stel”
Word vervolg.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.