Poort van die heuningbye – Hoofstk 26
Poort van die heuning bye (H26)
Die maande gaan verby, Brain werk lang ure saam met die werkers aan die pas. Deur die vallei galm die kap van klippe naweke bou hy sy huis met klippe, dan help selfs Paul, Floors en Kobus mee. Tussen Paul en Brain is daar geen kwaai gevoelens nie. Paul begryp dat die Skotte geen keuse kon uitoefen nie en dat hulle medelye lê by die Boere en nie by die Engelse nie.
Die einde van November maand die laaste Saterdag aand het Kobus Martie besoek aan huis van Paul en Lenie netjies geklee in sport klere.
“Martie, Martie !” roep Lenie,” Kobus wil jou spreek, kom asseblief hier na die stoep?”
Martie kom vanuit die slaap kamer gestap met breiwerk in haar hande.
“Ek gaan maar koffie maak vir ons almal verskoon my asseblief sě Lenie,” en verdwyn na die kombuis.
Kobus gaan langs Martie sit, hy neem haar beide hande in sy groot werkers hande en hy kyk haar direk aan:
”Martie Maandag vertrek jy saam met my na die dorp, ek het reeds rëelings getref met my vriend die Magistraat om ons in die huwelik te bevestig”
“Maar Kobus, jy het my nie gevra hoedat ek daar oor voel nie?”
“Hierdie keer Martie vra ek jou nie ek doen dit net!. Ons het veel verlore jare om in te haal, ek is geen armlastige lieplapper nie. Die huis het ek volgens jou behoefte gebou. Jou kinders word ook my kinders en dit is tyd dat jy na ons huis kom in die vallei wat is jou antwoord?”
“Kobus Brink jy laat my geen keuse nie, ek sal Maandag saam met jou gaan na die dorp en dan na jou huis waar ek hoop om my laaste jare in liefde en vrede te sluit”.
Kobus trek haar nader en soen haar mond saggies met veel teerheid,
hy weet dat sy jare vorentoe sal vol geluk wees.
Tilda lees haar Moeder se brief oor en oor, watter wonderlike nuus is dit nie haar Oom Kobus en Tante Martie eindelik getroud en almal word uitgenooi na die huwelik fees een week voor Kersfees. Spesifiek omdat Tilda dan na huis kom met haar jaarlikse verlof. Die voor- uitsig om net weer tussen haar familie op die plaas te wees maak haar opgewonde.
In die Vallei verdwyn die son vinnig in die aankomende aand tussen die skadu van die berge. Dit is die aller mooiste tyd om op die groot stoep van Kobus te sit en gesels met die familie en geniet van die uitsig oor die vallei
met ʼn koppie stomende koffie en karring melkbeskuit.
Tilda kan maar nie uitgepraat raak oor die opgradering van die pas nie en dan nog net ʼn klein gedeelte tot verby die Poort van die Byneste dit sal soveel moontlikhede bied vir bereiking van oom Kobus se boerdery.
Almal sit ontspanne en gesels. Die stilte van die vallei word meteens deurbreek. Iemand speel ʼn Skotse liefdeslied op ʼn doedelsak “Annie Laurie”
die speler kom van uit die pas aangestap geklee in Skotse kleredrag.
“Oom Kobus, wat is nou gaande?” vra Tilda
“Tilda dit is die Skot wie die pas opgradeer ek het hom uitgenooi om saam te kom fees vier”
Haar vinger punte begin spelde en naalde gevoelens kry en ʼn warm gloed stoot op vanaf haar voete, haar hart begin bons, sy begryp daar niks van nie, sy gloei, selfs ʼn emmer koue water sal nie die hitte kan afkoel nie.
Die speler gaan oor op “I love a Lass”, hy is nou goed sigbaar. Die kleure van die rok is die “Trots Van Skotland” Blou en wit, pers en groen vir die heuwels, die geruite sokkies en die grys onderbaadjie met die Skotse pet voltooi die prentjie, iets buitengewoons hier in die Vallei. Tilda kyk weer en dan fluister sy:
“Dit is dan Brain?”
Oom Kobus kyk na haar,
“Ag Tilda het ek vergeet om jou te vertel dat Brain die Pas herbou en ook sy huis bou hier op die plaas langsaan, ek is opreg jammer”
Daar heers ʼn doodse stilte op die stoep. Sy voel alle oë boor deur haar. Hy kom reg voor haar staan op die stoep. Hy plaas die doedelsak op die tafel en steek sy hand na haar uit;
“Tilda Brink sal jy my die eer aan doen om saam te wandel na die vrugte boord?”
Sy kan nie orent kom nie, hy neem haar hand en trek haar op uit die stoel en hy vou haar arm deur sy arm en begin stap. Sy beweeg sonder die gevoel van haar bene, haar hart wil na buite spring, sy kan geen woord uiter nie.
Tussen die Perske bome gaan hy staan, hy neem haar gesig tussen sy twee hande
“Tilda jy het my uitgedaag om jou taal te leer en nou wil ek my beloning opeis, staan stil, ek wil elke sproet tel en vir elke sproet is daar ʼn soen gebêre,”
hy neem sy vinger en begin dit beweeg oor haar gesig, sonder waarskuwing begin hy haar soen, op die voorkop, die neus, die wange die kin, dan kom sy lippe op hare neer, sy is aan die brand van binne, haar lippe smelt saam met syne, haar arms kruip om sy nek, sy is buite haarself, die gevoel het sy nog nooit ondervind nie.
Brain maak hom los uit die omhelsing, dan vra hy:
“Tilda Brink sal jy my die eer aandoen om my vrou te word wat is jou antwoord?”
Sy kyk na die man wie sy eindelik nie veel van af weet nie, wie haar hart in besit geneem het, hy het haar taal geleer om met haar te trou.
“Brain Mc CLachlan, ek sal met jou trou, nie nou nie maar wanneer die Bergpas voltooi is verby die Poort Van die Heuning Bye.
Die einde
Karakters fiktief
Navorsing geskiedenis:The Boer War Thomas Pakenham
Fusillering:So het hulle gesterf…Graham Jooste/Abrie Oosthuizen
Krohler Muller Museum Hoge Veluwe Nederland.:Gen De Wet
Hobhouse Geskrifte
Fawcett verslag
Winckler Prins Ensiklopedie Nederland
Vroue Museum Bloemfontein.
Hierdie verhaal met Fiktiewe karakters het ek geskryf ter ere van die duisende vroue en kinders die gesterf het in kampe, en vir wie die Engelse Regering geen erkenning as ʼn “Volksmoord” wil toestaan nie, laat ons die verhaal voortdra in ons kinders en een enkel dag afstaan per jaar ter nagedagtenis aan hulle.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.