Liefde nie in grysheid vergeet (Silwer)
ons hande is beaard met wysheid
en ons hoof ʼn stralekrans van grysheid
maar ons woorde is sag met dankbaarheid
met die besef van ons verganklikheid
hierdie dag ʼn veraltyd, jul weet
want kosbaarheid ken geen leed,
jul hemelse meetsnoere is gemeet
want jul Abba Vader het geweet
ʼn sagte hart baar liefde ongevraagd,
ʼn sagte woord keer die grimmigheid af,
sonder die lewenssout is alles laf
en sonder die liefde is niks geraak
vou jul hande toe in gebed
en laat jul oog op die samesyn let
want liefde is kosbaar, jul weet
en word nie in grysheid vergeet
© Cornien Naudé
6/01/2024 / Opgedra aan David en Hensie met hul troudag.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2024 - OOP projek