Onpeilbare wisselwerking (brons)
Dink ons ooit daaraan
dat die dieptes van harmonie
en louter liefde uit die wese van God
die grondslag van die skepping was?
En besef ons net so helder
dat Hy die broos komplekse mens
as Sy vennoot gekies het
om dit alles te koester?
Weeg ons die waarheid wel genoeg
dat sonder die vryheid om te kies
ons nooit die beelddraer van die vrye opperwese sou kon wees nie?
Want dan was die lewe net een uitgerekte kleedrepetisie
van robotte
sonder outentieke intensie
sonder teleurstelling
sonder verrassing
sonder hart
So lê ons lewenswerklikheid
tussen die goue bedoelinge
van die eindeloos troue God
en
die chroniese gevolge van ons feilbare strewes en keuses
Die vreemd-bekende wisselwerking
die ontsagwekkende misterie
van die dae van ons lewens
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2024 - OOP projek