Here God
Here God
Deur: Ryno du Plessis
Here God is die mooiste Naam vir my.
Vir altyd wil ek Sy Naam bely.
Ydelik roep jy hard: “Here God,” wens jy om meer krag te kry?
’n Gevoel van afsku vloei oor my.
Hoe kan jy God se gebod so vermy?
Straf sal jy kry, dit is wat God beloof.
Waarom hou jy jou doof?
Dit is die Naam wat ons moet loof.
Sou teëspoed kom, help dit nie jy grom.
God is ons lewensbron.
Sou jy soek na woorde vir jou kwaad, bid dan eerder klaar.
Vra vir God om jou woede te bedaar.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.