Eendag
Eendag
Deur: Ryno du Plessis
Eers begin die wolke loer; hitte laat alles sloer.
Skadu trek oor, donderweer vibreer.
Harde reën begin neerval.
Koelte moor die hitte; die geluid van gete laat alles vergete.
So is die lewe ook; hitte tref ons almal van tyd tot tyd.
Donderweer maak lawaai; jy probeer die toekoms raai.
Soos elke donderbui bring dit ’n nuwe lewe vir jou en my.
Eendag kyk ons terug en sê dankie vir God se seën.
Ander beleef droogte, wens vir ’n bietjie reën.
©️ Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.