Oom Doof
Oom Doof
So het almal hom genoem. Hy was eintlik nogal beroemd.
By die busstop klim jy in. Hy knik net sy kop: “Klim maar in.”
Die stilte breek, en storms van stories vloei dan wyd.
Sou iemandiets wou weet, sê Oom Doof:
“Ek is doof.”
Vandag is hy nou regtig doof.
Of…. probeer hy steeds net die nuuskierigheid verdoof?
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.