Die vreemdeling
Die Vreemdeling
Op sy plek, glimlag hy skeef. Groet hy altyd beleef.
Al kom die vrae van voor of agter, bly sy antwoorde altyd skugter.
Byna laat vir kerk, tog eerste om ná die diens te vertrek.
Waar sou die man dan woon? Ander wonder: Het hy ooit ‘n foon?
Alle nuwes raak bekendes, maar die vreemdeling bly dra die baadjie van die nuwe een.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.