Jongste aktiwiteit:

laaste oes

 

 

son sak laag en brand my gladde bas
ek lê gebaal, vasgemaak met stywe tou
lande lê kaal, die winde raak nou kou
waar ek eens in groen koring land was

 

snymasjien van die tyd het my verras
my herinneringe wat ek styf vashou:
die geur van dou, liefde van my vrou
wat my nou in hierdie droë lyf belas

 

my litte kraak, my asem hyg en fluit
van ver hoor ek die gerammel van die wa
wat my kom oplaai na die donker skuur

 

jare het my styf en dig toegesluit
ek wag op boer om my huis toe te dra
te bêre vir lang koue winteruur

 

© Tearlach.

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed