
Arms gevou
Arms gevou
Ek kyk af in die dorwe grondpad
in die rigting van die skemer son.
Arms gevou oor die plaas hek
wag ek weer op jou.
Die ou vlenter murasie
waar ons eens ontmoet het, ek onthou,
het nou meer heimwee
as net `n ou klip gebou.
Ek ruik nog jou sag blonde hare
en sien die rokkie van blou.
Jou ogies op `n skrefie
terwyl die son om jou vou.
Nou staan ek by die plaas hek
met my arms gevou,
in hierdie eindlose ewigheid
wag ek weer op jou!
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2021 – Verwagting/e-projek