Die Amerikaners kom jag en ons ry om die bevolking se tuine te gaan sien
Die een cruiser wat ek by Serapa gekoop het was ingerig om met jagters in die veld te gaan slaap. Omdat die nuwe reels en wette net soos ons by Selby nie meer toegelaat het dat minder as twee jagters in gevaarlike gebiede ingaan nie sou die bakkie eintlik vir sy vorige eienaar nutteloos gewees het. Die was bykans n nuwe bakkie en vir my wat gedurig tussen die bevolking moes rondgaan was hy baie werd. Dit was n volle stasiewa bakkie wat baie goed ingerig was om mee uit te kamp en oor te slaap. Daar was alles in van gasstofies tot twee slaapbanke en geweer rakke en dan het hy buite ook opslaan goed gehad wat ek nooit gebruik het nie. Hy het n baie stewige dakrak gehad maar ek kon nie wild laai met hom nie en hy het ook n baie lekker wenas gehad vir as ek sou vasval. Hy was egter langer gebou as die twee wat ek by Jeannie se pa gekry het en die twee wat ek van die staat gehad het. Dit was n heerlike voertuig vir ons om mee te ry en oor te slaap. Ek het dus een van die staat se bakkies vir Bruce gegee en die een laat registreer om by hulle gediens te word en vol te maak, tog sou hy my eiendom bly, hulle moes hom onderhou.
Ek het n man, ook van Rhodesie aangestel om ons huishouding en algemene werk te doen en sy naam was Brian, ek het hom op sy Matabele naam wat Temba was genoem. Hy kon ook bestuur en dus kon ek vir Luka en Katwindi alleen laat jag met kliente en ek kon my werk tussen die bevolking gaan doen. Brian se vrou kon die huis behartig as ons weg was en ek kon my boesmans saam ry en ons het dan twee bakkies gehad vir as een sou vasval of breek. Ek het die bakkie n radio by Kabous laat inbou en dit sou my huis op wiele word en baie werd word vir my. Die meeste tuine en lande was baie mooi want die reen het bykans elke dag geval oor groot dele van die noorde, net die plant tye het verskil van ons land want dit was darem so bietjie meer noord en dit het baie min geryp na die einde van Julie. Die saai van somer koring was nie so n groot sukses nie maar die ander soorte was baie mooi. Omdat die winters lank en droog was sou ons maar moes somer koring saai en later het ons beter cultivars gekry wat meer aangepas was. Wat my verbaas het was pampoene en ook waatlemoene en dan die tradisionele sorghums waarvan die mense maar geleef het. Die mielies was werklik baie mooi en baie mense het verander van stapelvoedsel na ons begin mielies plant het. Ten minste het die mense nou n variasie van kos geeet wat hulle meestal self geproduseer het. Hulle het selfs groente nat gedra met emmers as die reen te lank weggebly het. Omdat ek in die Chobe geen bevolking behalwe die nomadiese boesmans gehad het nie het my wild skietery opgedroog want dit was nou ander jagters se werk om vir die mense in hulle konsessies te sorg. Ek wou eintlik net meer weet oor die Chobe en presies waar sy grense geloop het en nog steeds die boesmans probeer leer om te kom vir enting teen siektes en om behandel te word. Daar was nog so baie melaatsheid en vir my was dit n wrede siekte wat voorkom kon word.
Die vee-arts het kom praat van hondsdolheid wat hy by van die bevolking gesien het en hulle het met in inentings program gekom. Hy het vir Jeannie by die bevolking n mak gebande muishond gekry en sy was oulik maar baie hardekwas en dan het hy binne die basis se grense vyf pare dik-dikkies gelos wat hy versamel het. Wonderlik hoe die honde geleer het by die Matabeles dat hulle geneuk sou word as hulle die goedjies sou seermaak. Bruce het al met die verdowing van wild gewerk iewers in Afrika en hulle het baie daaroor gepraat. Daar moes wild gevang word vir die Nasionale dieretuin van die president en ek het reguit gese dat ek uit was daarop. Die vorige jaar se renosters het my te lank opgehou en te veel laat sukkel. Die vee-arts het Bruce aanbeveel om al sy natuurbewaarders vir drie maande militere opleiding te stuur, dit is toe ook so gedoen. Dit het wondere verrig want hulle weermag was redelik streng en saam met die natuur navorsers het hulle begin om hulle werk met n militere inslag te beskou en hulle pligte uit te voer. Van hulle sou ook tydens die tyd gaan vir bestuurders lisensies.
Naby Panda Matenga was die enkele groep mense wat ons moes verskuif om die grense van die park te kon afbaken. Dit was gedoen terwyl ek in die VSA was en hulle was baie beter af want hulle het beter en groter grond gehad en om hulle lojaliteit te behou het ek vir hulle meer tuine laat maak. Dit was n redelike jong hoofman wat ook sy eie voertuig gehad het en hulle het van die mooiste houtsnee werk gedoen en inheemse meubels gemaak. Hulle het dit langs die pad by Panda Matenga verkoop en het baie goed gedoen daarmee. Die gedeelte langs die Wankie het die meeste reen gehad en die mense se aartappels was werklik baie mooi. Ek en Jeannie wou soontoe en ek wou ook vir hulle vleis skiet hoewel dit die werk van die konsessies was. Hoewel hulle buite die grense geval het was hier baie wild wat van Rhodesie gekom het en het hulle n redelike leeu probleem gehad tussen hulle beeste. Die hoofman het gekla dat n ou olifantbul met stomp tande hulle beeste pla by die water, hulle eie drinkwater was n handpomp binne hulle basis.
Ons het met die twee voertuie naby n watergat gaan slaap want ek wou die getalle van wild dophou en ook die spesies. Daar was baie soorte en mooi trofee en steeds het die wild Botswana binne gestroom oor die grens met Rhodesie. Daar was baie olifante en ek sou vir die mense een skiet maar kon hulle nie help met die herwinning van die vleis nie. Die nuwe man Brian of dan soos ek hom genoem het, Temba het al gejag saam met n onderneming in Rhodesie maar hy het nie baie ondervinding gehad nie. Een van die inwoners van die kamp het ons die more vroeg kom roep en gese dat die olifant weer by hulle water was en dat hy weer die beeste pla. Jeannie het al olifante geskiet maar ek was nie bereid om haar saam te neem nie. Om alleen te gaan was teen die wet maar ek het besluit om dit te doen.
Ons is met die bakkies soontoe en die ou was net weg daar na hulle hom verjaag het met slingervelle. Ek het met die manne van Kabous gepraat wat die tuine gemaak het en hulle sou moes kom swarthaak takke aansleep sodat die mense se drie watergate beskerm kon word teen probleem diere. Hulle was nou by die nuwe konsessie, Serapa gestasioneer. Dit het die aand van tevore gereen en dit was maklik om die die ou bul se spoor te neem. Hy het twee jonges by hom gehad en ek het net vir die drie boesmans met die twee 416,e gehad en Jas moes te alle tye naby genoeg wees sodat ek met beide gewere te kon skiet as dit moes. Ek het vir Temba met Jeannie se 404 gehad maar ek het geen kennis van sy vermoe gehad nie. Hy het maar taamlik bang gelyk en ek kon hom nie verkwalik nie. Jeannie was alleen by die voertuie en dit het my gepla. Ons het die bakkies naby n watergat gelos want sy wou fotos neem. Ek het besluit om vir Sixty en Twenty terug te stuur, hulle sou nie van veel waarde wees nie maar hulle kon haar waarsku vir goed wat sy dalk nie gesien het nie. Die olifante was op pad na die rivier wat baie ver weg was en daar was oral water en dit was vir my vreemd dat hulle net wou drink by die mense se water, toe ek skielik byval van die sout lekke wat die vee-arts manne vir hulle beeste en bokke gelos het. Dit kon net die sout wees wat hulle elke maal terug gelok het.
Dit was somer en die Mopanies was ruig en sig baie beperk en die wind het gewoonlik in die middag baie gedraai as die weer opsteek. Ek wou baie graag die bul skiet so gou as moontlik want dit was nog vroeg in die more. Die grootste probleem was maar altyd die askaris wat saam geloop het en die jong bulle kon ongeskik en leierloos word as die ou grotes sou val. Party maal en veral hier langs die grens was hulle bang vir skote en het weggehardloop. Die jagdruk op olifante in Rhodesie was baie hoog en hulle het dit geweet. Ons het redelik ver gevorder en dit het vinnig gegaan maar dit was ruig en ons het net die spore gehad om te volg. Hulle het sekerlik nie geweet dat ons hulle volg nie en was nie baie haastig nie. Daar was takke gebreek en hier en daar mis maar geen werklike teken van die drie nie. Dit het vroeg begin warm word en ons is onverpoosvoort op die spore. Later kon ek hoor takke breek en ek het gaan sit. Ek het vir Jas en Temba gese dat as hulle sou hardloop ek hulle sou skiet. Temba het gese dat hy al by was en self n paar olifante in Rhodesie geskiet het saam met die tsetse spanne. Hy was n stil stroewe man wat min gepraat het en ek sou later uitvind dat hy lank gejag het maar na n petalje met n toordokter dit gelos het.
Ek kon weer takke hoor breek en renostervoels hoor kwetter. Die voels was nie baie lief vir olifante nie want hulle was altyd vol stof en lae modder en nie veel gedra om te vreet nie. Tog was daar maar altyd insekte en iets om te vreet waar die ou grotes geloop het. Ek kon pense hoor rammel maar niks sien nie en het probeer om na my regterkant te beweeg want die lug bokant my was meer oop en dus minder ruig op die grond. Ek het om n Tambotie gekyk en net n paar meter weg n been van n olifant gesien wat darem net te naby my was. Ek het besluit om heeltemal om te draai en die bulle van hulle voorkant te benader. Hulle kon my te maklik in die ruigte vaskeer en ons is stadig terug en met n ver ompad waar dit minder ruig was weer in hulle rigting. Die wind het niks getoon met die assakkie nie en net die renostervoels was nog aan die raas. Hier was dit minder ruig en die bulle sou in my rigting wei. Ons kon gelukkig water drink by n stroompie en dit was warm al was ons in die skaduwee. Ek het die meester, Katwindi eensklaps baie gemis. Hy sou die regte raad en advies kon gee. Ons is steeds stadig vorentoe deur die ruigte en ek kon vir die eerste maal n olifant sien. Dit was die ou grote en hy het met sy kop teen n Kiaat gestaan en sy tand in die mik van die boom. Ek kon nie die ander sien nie en het gewonder of ek maar moes skuif na my linkerkant toe en die bul skiet. Ek kon pense hoor rammel verder anderkant die bul en het besluit om te skiet. Ek was werklik nog min kere so bang vir olifante en het met die twee saam met my bespreek dat ek gaan skiet en ons dan sou moes padgee so vinnnig as moontlik. Ek moes na my linkerkant toe skuif om oor die tak te skiet waarop sy tand gerus het en het die ou 416 by Jas geneem en die nuwe een vir hom gegee. Ek kon die voorkop van die olifant op 8 meter baie goed sien maar glad nie die ander twee nie en my skoot het hom laat sit en ek het geweet dat hy dood was voor hy grond geraak het. Die ander twee het die bome gebreek met n geskreeu wat baie onaards was en ons het ons vinnig uit die voete gemaak na die bakkies toe.
Dit was altyd moeilik om afstand te skat in die ruigte maar ek het geskat dat ons nie meer as ses kilometer geloop het nie. Ek was baie dankbaar dat ons ongeskonde uit die ruigte weggekom het en wou net so gou as moontlik by die bakkies kom om die bevolking te gaan roep dat hulle my kon help om die tande uit te saag. Ek sou nie die voete hou nie want ons het al te veel gehad. Die stert moes saam gaan want baie manne het hulle gesoek en ek moes een dag hard verduidelik by die staat hoekom daar n paar tande kort was op my getal wat ek van hulle ge-eis het. Dit was altyd moeilik met een tand olifante en ook met die wat geen tande gehad het nie. Hulle moes my maar net glo. Gewoonlik was die poena koeie ook die mees aggressiewes van n trop. Selby het gese dat hulle aan n minderwaardigheids kompleks lei. Ek sou nie weet nie maar n poena koei het nie gestop as sy storm nie. Ek het ook aan die staat verduidelik dat ek nie altyd die voete kon herwin nie en dat dit soos per kontrak my voete was en ons het dit vir die taksidermie manne gegee om tafels te maak vir kliente.
Ons was nie ver van die bakkies af toe ek twee skote kort na mekaar hoor klap en ons het net begin draf toe klap daar nog n skoot. Ek het myself skielik baie verwyt dat ek vir Jeannie by die bakkies gelos het en so vinnig as moontlik gedraf om daar te kom. As sy moes iets oorgekom het sou ek myself dit nie vergewe het nie. Dit was n hele besigheid by die bakkies. Ek het nie te ver van die water af die twee bakkies in die skaduwee van n groot Wildevy geparkeer en sy sou fotos neem en haar self besig hou. Gelukkig het sy die 8mm by haar op die dakrak gehad want daar het twee leeu mannetjies gekom wat baie lus was vir haar en die boesmans. Die oop cruiser was soos ons hulle gebou het, leeubestand en die boesmans kon hulle net toemaak agter die tralies. Die ander een kon sy deur die dak tot binne die kap gaan sonder om grond te raak want die leeus was rondom die bakkie. Sy het die eerste een op seker tien meter geskiet toe pak die ander een hom en begin hom byt, toe skiet sy hom agter die blad het hy dronk en onvas op sy voete weggewaggel toe skiet sy hom weer.
Sy was in n redelike toestand want dit was twee pragtige mannetjies wat net soos n tweeling gelyk het. Die leeus was meer as n halfuur rondom die bakkies en die boesmans was veilig want hulle het plat gaan le op hulle bakkie. Sy wou werklik die leeus los en het in die bakkie gaan skuil waar sy veilig was. Hulle was baie astrant en het geen vrees vir mense getoon nie en sy wou nie ry en die boesmans daar los nie. Hulle het blykbaar tot in engels gesoebat en ek het geweet hoe bitter bang n boesman vir leeus was. Sy het alles baie mooi verduidelik en was later so bietjie meer kalm. Haar vrees was dat ons terug sou kom en nie van die leeus sou weet nie en met die ruigte sou dit nogal n onaangename verrassing gewees het. Twee leeus rondom n man se bakkie wat ons as veilig beskou het sou nie lekker gewees het nie. Ek was dankbaar dat sy my die verrassing gespaar het en het die leeus se pense laat uithaal want dit was warm en hulle was werklik honger en het lank laas gevreet. Ons het hulle gelaai en in die rigting van die inboorling kamp gery. Dit was byna middag ete tyd en ek was honger maar ons het eers daar gekom en vir die mense beduie waar die olifant was en ek het laat my mense eers eet en ons is met die bakkies so ver ons kon gaan in die rigting.
Hier het ek een van die snaaksighede van die natuur ervaar en was later jare baie spyt dat ek dit nie beter aangeteken het nie. Ons het tot baie naby die olifant gery en die hele string mense was agter die bakkies met byle en messe en alles wat hulle benodig het om die olifant te slag. Toe ons by die dooie een kom het die twee jonges weg gehardloop en die dooie een was met takke toegemaak en daar was probeer om hom op te tel maar toe dit nie werk nie het hulle takke gebreek. Die hele olifant was toegepak met dik takke. My skoot het hom laat sit en sy tand was nog in die mik van die boom en so ook sy slurp. Hy het nou egter op sy sy gele en was seker drie meter van die boom terug gestoot. Omdat dit warm was en ek die leeus wou gaan slag by Nyati het ek nie veel tyd gespandeer nie en net die tande uitgesaag en die stert geneem en gery. Op pad terug het ek vir Selby geroep op die radio en wou by hom weet wat aangaan en of hy dit ken. Hy het dit as redelik algemeen beskou en al n paar maal gesien. Ek het dit nooit weer daarna gesien nie en sou dit ook nie geglo het as mense my dit vertel het nie.
Die twee Amerikaners het opgedaag en hulle was van Oregan waar ek so baie promosie werk gedoen het. Hulle was in ekstase oor die leeus en wou nie glo dat Jeannie hulle geskiet het nie. Ek het die leeus in die slagstoor afgelaai en ons het op die dek gaan sit want dit was laat middag en die ergste hitte verby en die diere sou kom drink. Dit was baie gawe manne wat ek mee saam gejag het langs die meer waar ons sommer lekker gekuier het en ek het net weereens besef hoe klein die wereld eintlik was. Hulle was in ekstase oor die wild wat kom drink het en die getalle en ook die baie spesies en ons het oor die jag van wild in Afrika begin gesels. Ek was moeg en wou nie laat gaan slaap nie en het hulle gelos met Katwindi en huis toe gegaan. Ek het n groot skuld gevoel gehad oor ek vir Jeannie by die bakkies gelos het en ek moes die klip van my hart af kry.
“ Were you afraid of those lions Sweety? Yes I was afraid but I had all the trust in your 8mm after I shot those two zebra with it. It is a very smart rifle and calibre. Is it just as smart as me? Very difficult to judge, but is as very fine rifle. You haven’t answer my question, will you choose the 8mm instead of me? After those two lions it is a tricky question. But when you came running along I could see that you were very worried. I was worried and I only hoped it was not a pack of jumbos creating havoc and turning over cars. You had your 270 and could use it as well. I really tried to chase away those lions but in the end it looked as if though they wanted to get on top of the cars. The poor boesmans really started talking English and Sixty started sobbing and pleading for his life. Well Lovey you did a fine job there and I must congratulate you on your courage. I will never leave you alone in the bush again. Well Brian told me that you also showed a lot of courage with that jumbo today. He said that he had never been so afraid in his life, he said you promised to shoot them if they would dare to run. Well I was afraid that I would have been the first one to run. It very tricky and nerve racking in those dense vegetation after the big ones.”
“Did you call me Lovey just now? Yes I did. That sounds much more human than Sweety. Only human? No you fool you know exactly what I mean. I really don’t know. Now I know that I am much more intelligent than you. And you can shoot better and you are the lion slayer. Stop this, I am still trembling, will you hold me? Of course I will and really thought that you would never ask. Pine I really was afraid today. I am sorry this should never have happened. It was my choice to stay in the vehicles. Lions are very nasty beasts and I will always have respect for them. They deserve it Lovey. Make no mistake about it.”
Sy het lank met koffie by my bed gesit en ons het weer, soos ek maar was probeer foute soek wat ek nie weer wou herhaal nie. Van al die groot goed in Botswana was leeus maar die mees angs wekkende veral as hulle so naby n mens was. Dat sy kop gehou het en die regte ding gedoen het was baie waar. Ek het net so veel meer respek vir die klein meisie gekry en besef dat ons bykans onafskeidbaar was en gemaak was vir ons spesifieke omstandig hede.
“Do you know that I will always love you? No you haven’t told me that yet. Well now you know it. As long as you call me Lovey I will be satisfied. I will do so.”
20 Januarie 1978.