Jongste aktiwiteit:

Audrey Bierman
vir

Audrey Bierman

Lees meer oor Audrey Bierman

MEI 2025 – OOP PROJEK

2.Verkeerde seisoene

Terwyl ek gaan stap het, sien ek die populier bome op die golfbaan begin van kleur verander. Ek loop en dink by myself dat dit ‘n natuurlike verskynsel is, maar wat my pla is dat dit totaal verkeerde tyd van die jaar is.

Dis egter so in ons lewens ook. Ons is bewus daarvan dat ons lewens ingedeel is in seisoene. Ons almal gaan deur koue winters en sien dan weer op beter tye dat die groen van nuwe lewe in die lente weer verskyn, maar wat maak jy wanneer die seisoene verander wanneer jy nog nie gereed is daarvoor nie.

Soos wanneer iemand skielik sterf of ‘n vriendskap uit die bloute net kwyn. Soms verwag mens half dat iemand na ‘n seisoen uit jou lewe gaan verdwyn, maar wanneer dit gebeur voor mens gereed is, is die merke wat dit in ons lewens, ons harte en gemoed los, ‘n klein bietjie groter as wanneer ons voorbereid was daarop.

Hoeveel keer is dit juis daardie klein skokke van die lewe wat juis ons vreugde steel, ons energie tap en ons soos ‘n ou skroplap laat voel. Dis daardie onverwagte gebeure wat ons ook soms in onsself laat twyfel, in ons eie waarde laat twyfel en ja, self party mense se geloof laat wankel.

Ons sal nooit ontslae kan raak van die wispelturigheid van die natuur nie en so ook nie van die ewig veranderende wisselwerking tussen mense nie, maar moenie toelaat dat ‘n onverwagte seisoensverandering in jou lewe, jou tot so mate beinvloed, dat die res van jou menswees sommer ook deurmekaar is nie.

Werk saggies met mekaar, jy weet nie in watter seisoen iemand ander is nie.

Indien jy iemand sien wat sukkel met ‘n koue winter in die somertyd, wees net daar. Woorde en dade is nie altyd nodig nie, soms help dit net om te weet, ek is nie alleen nie.

 

Audrey Blignaut




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed