Palet (Suzette Strydom)
Lees meer oor Palet (Suzette Strydom)
Oktober 2018 Projek
1.Ontdek jou passie by Ink
‘n Webwerf om in te verdwaal, jou stories en gedigte te skryf en saam ander skrywers beter Afrikaans te leer. Aansporing en geleenthede is skraal om jouself te ontwikkel, met die nodige Kreatiewe souse kan jy ‘n wenner opdis. ‘n Voorafgestelde program word opgestel om almal uit te nooi om deel te neem aan nuwe projekte en kompetisies. Hier kry jy die hulpmiddels en ondersteuning asook ‘n verskeidenheid aanlyn-kursusse.
Iets vir almal, om advies te gee en uit te ruil. Nuwe blomme en blare steek braaf hulle koppe uit, die voëls sing sommer harder en gesels vroliker, en so groei almal tot groot bome. Dit bied ons die geleentheid om jou hart skoon te maak, of in ander woorde te” spring clean”.
Om te skrop op hierdie werf laat mens opgewonde voel, ‘n plek waar jy weer kan vry asemhaal. ‘n Plek waar jy verlore gedagtes en gevoelens kan neersit, sodat dit nie rondfladder in jou hart nie. Daardie gevoel van vervulling, van rustigheid is onvervangbaar. ‘n Afrikaanse avontuur waar jy nuwe mense ontmoet, altyd aanhou skryf en nuwe dinge ontdek. Het jy ’n behoefte aan groter doelgerigtheid en entoesiasme? Begin vandag om daarvoor te werk.
Passie is ’n baie sterk gevoel of emosie oor iets. Dit is die dryfkrag wat jou aanspoor om sukses te behaal. Jy kan passievol wees oor enigiets, van foto’s neem tot bak en brou. Gee klein treetjies tot by jou droom. Jy is vir ’n doel geskep, en jy beskik oor alles wat jy nodig het om daardie doel te bereik. Dit is hoe wonderlik ons gemaak is. Baie mense is later in hulle lewe spyt omdat hulle nie gewaag het om hulle droom te leef nie. Moenie jou gawes wegpak vir eendag of jou talente begrawe nie. Gebruik dit!
Die lewe word nie gemeet aan die aantal asemteue wat ons neem nie, maar aan die oomblikke wat ons asem wegslaan. Gee aandag aan die klein dingetjies, sien nuwe dinge, ontdek nuwe belangstellings en wag vir die grille van plesier om langs jou ruggraat af te hardloop!
‘n Handige wenk is om dalk die plasings op ‘n afsonderlike lys alfabeties te adverteer, sodat jy makliker oor ‘n spesifieke onderwerp kan gaan lees. Of dalk so af en toe ‘n verrassings geskenk vir ‘n wenner in ‘n spesifieke afdeling.
Palet
November 2018
2.Die onvoltooide vrede
Vereeniging is geleë in die Vaaldriehoek. Met omliggende riviere wat in ‘n Noordelike rigting, in die Vaal rivier inloop. In die 20ste eeu het Vereeniging ontwikkel as nywerheidsentrum vir steenkool, meulbedrywighede, teëlvervaardiging en vele meer …‘n Vinnige spring terug in die geskiedenis: Boerepatriotte vertrek na Vereeniging om die vyand daar uitmekaar te skiet … Die verdrag van Vereeniging is in 1902 onderteken, en later is ‘n monument ter herdenking by die Laerskool opgerig. Die dorp is gestig in 1892. Dit was die begin van die einde van die ou orde, ons het nie geweet waste inpak die reis wat Suid-Afrika daarna op die Vrede van Vereeniging sou hê nie.
Wat eens ‘n spogdorp was is nou verniel en verwaarloos. Eendag, lank, lank gelede was daar ‘n swembad in Vereeniging waar familie en vriende kon gaan ontspan het … Vandag is die dié swembad en die terrein vervalle. Plakkers betrek vervalle Voëlpark,. Gereformeerde Kerk Vereeniging vat hande en bid vir die vervalle mure. Lekker was die tye in die 80tigs toe ons nog in die dorp kon bioscope toe gaan, en daarna ‘n milkshake by Burger Box kon gaan drink. Die Inry by Redan het reeds jare terug toegemaak, en die spog mall Mark Park in die hoofstraat, met sy mooi fontuin …. Al wat oorgebly het van die sprankel fontuin, is ‘n puinhoop van vullis.
In die somermaande was Vosloo Park op die oewer van die Vaal rivier, ‘n heerlike kuier plek. Met verskeie restaurante, heerlike piekniek plekke, waar visser manne kon visvang en kinders kon baljaar. Voor kersfees was daar “Carols by Candlelight” met verskeie gaskunstenaars wat opgetreë het. Al daai aktiwiteite is ook iets van die verlede. Vuil, vuiler… Vaalrivier. VEREENIGING – Die vraag op almal se lippe is, hoe veilig is die water in ons riviere? Kort-kort hoor jy van riool wat in die rivier gestort word. Die Spur se vloere is vuil, oral op die tafels is droë sous kolle . Gebruikte vuil kondome wat rondlê. Die politiek is ‘n vuil besigheid. Daar is alewig ‘n bakleiery en gestryery.
Oral om die hoeke skuil Tsotsi’s en bedelaars wat bakhand staan . Die Vaal-skou, wat einde Augustus eindelik weer op die skouterrein in Vereeniging gehou sou word, is afgestel omdat die terrein in rioolvuil ………………………. Slaggate, straatligte wat nie werk nie, Die strate van Vereeniging is besaai met slaggate.
Asma en brongitis word ook grotendeels veroorsaak deur die besoedeling in die lug, wat sterk van Meyerton, Vereeniging, Sasolburg, Vanderbijlpark tot in Parys. Nywerhede in en rondom die Vaaldriehoek, is berug vir rook besoedeling, daarom word dit die “vuil-driehoek” genoem. Om Vereeniging te red van ondergang moet vele dinge in plek gesit word, eerstens bankrot munisipaliteite is die grootste oorsaak van agteruitgang. Swak administratiewe leierskap…
Inwoners sal onder meer ‘n groeistrategieë inspan om die dorp te help groei en te red, Deur gesogte toeriste-aantreklikhede in die dorp op te knap, Die mens self moet getransformeer word, met so ‘n nuwe denkwyse, geloof en kragte en moeite inspan om ‘n regverdige siening tot stand te bring. Ons moet opstaan teen die goddeloosheid in ons dorp …Hierdie gogga in die put, word groter en groter en al moeiliker om dit uit te wis. Daar is mense wat daardie kennis het, maar so van hulle geloof afgedwaal het dat hulle hulself nie meer kan red van die vyand wat steel en vernietig. Ons sal moet begin baklei vir wat reg en verkeerd is, ons dorpe word opgevreet deur verkeerde bestuur en korrupsie.
Mens raak bang van al die inbrake en moorde, in jou eie huis, en voel nie meer veilig nie. “Die onvoltooide vrede” Dis maak mens vies wanneer apartheid die skuld kry vir alles wat skeefloop. Armoede steek al hoe meer sy kop uit, dienslewering het die laaste paar maande feitlik tot stilstand gekom. Konsekwente, ferme en regverdige optrede moet toegepas word om die swak dienslewering te bekamp. Besluit wie jy wil ondersteun, daar is vele partye om van te kies, verkeerde keuses kom mens duur te staan en “omdraai” in die pad is tans ‘n onmoontlike situasie.
Die mooi tye sal my altyd bybly. Na ‘n heerlike dag op die rivier trek jy laatmiddag jou boot uit op die oewer. Vleisbraai, waterski en visvang….dit klink soos ‘n paradys. Rus en vrede is die regte naam vir ‘n heerkike rus en vrede naweek langs die rivier. Die besoedeling van die Vaalrivier het veral die afgelope paar maande in ‘n ramp ontaard. Riool, diere-afval, bloed en vullis vloei al maande lank by die rivier af. Die Vaalrivier se water is besoedel, nes haar vreedsame lewe van die visse wat by die honderde vrek . Die Emfuleni-munisipaliteit is die grootste sondaar … Besoedeling in Vaalrivier kan siektes meebring. Kosbare, kosbare water… maar te vuil om te drink. Dié hotel sukkel ook met die besoedeling, en stank wat van die rivier afkom … babas het gesterf nadat hulle water vanaf die Vaalrivier gedrink het. Vaal-rioolbesoedelings, rivier van plesier is nou rivier van gif en riool.
Ry ek op die R59 na Meyerton, my tuistedorp . Die lokasie net voor Johan Le Roux afrit, alweer geblok….wat ‘n frustrasie. Die inwoners in die plakkerskamp protes alweer oor dienslewering, klippe word gegooi na motoriste. Polisie moes van rubberkoeëls gebruik maak om protesteerders uitmekaar te jaag. Alternatiewe roetes word dan gebruik, geduld! Waarom al die geweld? Ontevrede inwoners en hul woede teenoor Midvaal Munisipaliteit, beloftes maak skuld en skuld veroorsaak ontevredenheid.
Was ek maar die burgemeester …Sou ek eerstens begin het met ‘n “City cleaning” dit sou die eerste begroting wees wat ek saam met my span sou instel. Daai ”gogga in die put” uitruk, sodat die riviere weer skoon kan word en en ons weer vars drinkwater het. Vereeniging se munisipaliteit van totale wanorde red, die bestuur onder hande neem deur projekte aan te spoor . “Konstruktiewe gesprekvoeringe” te hou om probleme te identifiseer en oplossings te vind. Help om effektiewe mentors te kry, wat vindingrykheid het, en nie maniere vind om ryk te word nie. Die strate van ‘n beter gehalte maak. Gemeenskapspogings om besoedeling te bekamp. Die Vaal het baie mooi natuur, die riviere en Vaaldam is ‘n groot toeruste aantrekkingskrag, ons moet trots wees daarop. Gereelde projekte te loods om die natuur skoon te hou, om sodoende in ‘n meer gesonde omgewing te leef. Mense moet die skoonheid van die natuur waardeer,en ’n verantwoordelikheid aankweek om dit skoon te hou.
Wees lief vir jou dorp, soos wat jy lief is vir jouself. Versorg en vertroetel dit met mooi dinge, omgee en respek. Wanneer mens mooi na iets kyk en dit oppas met jou hele hart, sal dit vrugte afwerp. Beskerm dit soos jy jou eie besittings veilig hou, Maak elke dorp die dorp van die jaar, met daai wendorp-gees! Maak jou hande vuil, en laat jou hart vir die natuur klop.
Jou beste bemarking is goeie dienslewering. Om ‘n dorp te bemark verg deeglike beplanning, organisering en betroubare inligting. Wees altyd reg met goeie raad en uitstekende diens, dit trek mense om weer en weer jou dorp te besoek. Jy kan met ‘n geruste hart in so dorp belê, deur ‘n huis te koop of om ‘n besigheid te begin. Wees trots op jou dorp, en op jou gemeenskap. Ons dorpe is nie ‘n oorlogsveld nie, al die skade wat aangerig word beloop duisende rande om dit weer te herstel. Verbeterde finansiële bestuur lei tot verbeterde dieslewering, en gelukkige inwoners. Die Gautengse regering wil hê die rehabilitasieproses van die besoedelde Vaalrivier moet dadelik begin en daarom het hy R20 miljoen bygedra.
Waarheen gaan ‘n mens om ‘n probleem met die regering op te los? Hoe kan God betrokke wees om die leierskap van ‘n nasie te lei? Krag lê in klein dingetjies. Waarin lê die krag van die saadjie? Die klein dingetjies maak mettertyd ‘n verskil en daarom moet ‘n mens dit doen wanneer die tyd ryp en reg daarvoor is. Nasies moet begin om saam te staan., Die reënboogdeel van ons nasie is besig is om sy kleure te verloor, en die vaal word al vuiler en vuiler..
Geagte Burgemeester
Mag elkeen die êrens van die saak besef, ons is besig om ons eie ondergang te teken. ‘n Dwaas se woorde beteken niks, maar die een wat met wysheid deur die lewe gaan bereik baie meer. My wens is dat, ons dorp weer sal opstaan uit die stof, dat daar weer nuwe asem in sy strate geblaas sal word. Om inwoners toe te laat en aan te moedig om hul voorstelle vir beter dienslewering aan die munisipaliteit te rig, om veral dienslewering op ‘n plaaslike vlak te verbeter. Laat ons nie afgeteken staan teen die groot en soms dodelike magte van die geskiedenis, maar laat ons saamstaan en ‘n verskil maak in die toekoms.
1465 woorde
Palet
Junie 2019 projek
1.Winter’beursie
Soos al die gewone oggende was ek oppad werk toe, maar het ‘n gevoel gehad iets gaan gebeur. Net so onrustigheid wat heeltyd oor mens hang…naby Alberton gaan my kar se battery liggie aan. Ek ry toe na die naaste Suzuki garage, my vermoede was toe reg.
Na ‘n battery toets word my alterator getoets en wys daar is fout, hy laai nie die battery nie. My moed sak in my skoene, na vele oorwegings die kant toe daai kant toe besluit ek om maar ‘n nuwe een in te sit R9000 verder!
Vanaf 8 uur tot 12 uur sit ek en wag, kyk maar krieket op die tv, nou nie een van my gunsteling sport nie maar om die tyd om te kry is dit nou maar al uitweg. Ek voel heeltyd ‘n koue wind op my waai, probeer myself kalmeer en warm hou deur koffie te drink.
Winter ruk aan my beursie, maar dis die lewe daar is altyd een of ander onvoorsienigheid wat opduik. My voorland is nou maar om oortyd te werk, om op te maak vir die finansiële verlies.
Palet