Jongste aktiwiteit:

Anton Bosch (Woordsmous)
vir

Anton Bosch (Woordsmous)

Lees meer oor Anton Bosch (Woordsmous)

Maart 2018 – Digkuns projek

2.Ek wil protesteer meneer

Ek wil protesteer meneer
ek wil praat oor onse weer meneer
vanlat myse onthou mos beginne
ken ek nooit die droge dinge
wat ek hier so om my siet
geen skaduweetjie wat ons bome bied

Ek wil protesteer meneer
ek wil vra waar kry ons hulp meneer
as myse kinners so loop honger ly
waar sil ekke dan ‘n stukkie brood kan kry
om hille honger pensies te kan vul
of anners net die dors wat hille het kan stil?

Ek wil protesteer meneer
ma moeilikgeit wil ekkie maak meneer
want waar sil onse help vandae kom
as ons so vannie droogte stom?
As ons nie eers kan vra nie
vir bietjie help om onse las te dra nie?

Ek wil protesteer meneer
ma ek willie praat teen onse Heer meneer
want ek weet Hy ken my ytgaan en loop sit
al raak ek vannie hongerte skoon asvaal wit.
Mar onse mense is mos Sy twee hanne
wat moet aangee al die olie in Sy kanne?

So ek het klaar geprotesteer meneer
ek weet die Vader Hy gee onse weer
en Hy sil onse jammer klagtes ammal hoor
want waar Sy oge is, is ok Sy oor.
Hy lyster na onse klagtes en onse sôre
en ons, ons moet nou net gedilt het tot die môre…

©Anton Bosch




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed