Jongste aktiwiteit:

Audrey Bierman
vir

Audrey Bierman

Lees meer oor Audrey Bierman

 

BRONSKLAS

MEI 2025 – OOP PROJEK

1.Afrikaans is my herkoms  

Kombuistaal! is dit uitgejou.
Verban uit skool en staat.
Dis platvloers en hopeloos grof
net 44 oor wat dit praat.

Die taal is nie van Afrika,
Europa toe! het skares gegil,
maar, Afrikaans is steeds die taal van my hart
so, ek sluk maar die bitter pil.

Afrikaans is my herkoms,
my toekoms, my deug.
Ek sal dit uitroep en praat
tot my laaste asem teug.
Afrikaans is my wese,
my kultuur, wie ek is.
Ek sal dit uitbou en koester
tot ek in ewigheid rus.

Afrikaans is nie ‘n taal nie.
Dis inherent deel van my.
Dis musiek en dis boeke.
Afrikaans sal ewig bly.

Afrikaans is my herkoms,
my toekoms, my deug.
Ek sal dit uitroep en praat
tot my laaste asem teug.
Afrikaans is my wese,
my kultuur, wie ek is.
Ek sal dit uitbou en koester
tot ek in ewigheid rus.

Audrey Bierman

JUNIE 2025 – PIEKNIEK PROJEK

3.Piekniek in die oerwoud

Die dag toe die diere gaan piekniek hou

was ‘n algehele chaos, dit sê ek jou.

Mnr Muis het ‘n piepklein mandjie gebring

en heeltyd sy vroutjie se kookkuns besing.

 

Bros vliegvlerkies in ‘n modder deeg,

want insekte kan nie bekostig om te veel te weeg.

Slakkie voeg by, sy botteltjie slym,

dit gaan heerlik wees saam met gekneusde pruim.

 

Koning leeu loop teen die tyd al op en af.

Die spyskaart lyk vir hom heeltemal laf.

Vandag was hy lus vir ‘n zebra boud,

maar hy kon nie gaan jag nie, want die kinders was stout.

 

Die apies het weer by die rivier gaan speel

en daarna was nie een enkele voël nes meer heel.

Die wyse ou uil moes sy slaap onderbreek

om eers vir die balhorige jonges te preek.

 

Krokodil dryf geruisloos onder die watervlak.

Vandag gaan hy die bokke ‘n lekker poets bak.

Blitsvinnig steek hy sy neus in die lug

en al wat ‘n bok is, slaan net daar op vlug.

 

Die hadeda skree dat almal huis toe moet gaan.

Sekretaris voël sug en pink net ‘n traan.

Vir dae lank het hy dan met die diere gepraat,

van klein tinktinkie tot seekoei, die vraat.

 

Al die mooi reëlings is nou ‘n gemors

en die diere stap huis toe, honger en dors.

Renoster het hulle vir oulaas iets toegesnou,

maar nooit weer het die diere saam piekniek gehou.

 

Audrey Bierman

 

(2)




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Braam het n geregistreerde lid geword

  • Paul Kloppers het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak