Jongste aktiwiteit:

Denise van Rensburg
vir

Denise van Rensburg

Lees meer oor Denise van Rensburg

BRONS AFDELING

Junie 2018 –  Poëtiese orde projek

1.Semelkop

Metafore aborteer
en beeldespraak die kantel.
Verfynde taaltegniek ten spyt
begin woordbravade wankel.

Ek transponeer my liefdeslied
na toonleer van gewoon
en voel my minnesang ontaard
in bloot net nog `n kloon.

My lyf se tango minag jy:
ons dans die struikel… stop.
En hier sit ek weer, oudsgewoon,
voor jou deur en klop.

Denise van Rensburg

 




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed