Ian Nel
BRONSKLAS
Julie 2021 – OOP projek
1.Ek sien die seer
Ek sien die seer
Wat deur jou oë praat
Agter daai glimlag
Diep weg gesteek.
Ek hoor die pyn
Agter die grappies
Wat breek in jou stem
As jy praat.
Ek voel jou trane
Wat vloei oor jou hart
Waar niemand kan Sien
Deur die venter van jou siel.
Ek ruik die angs
Waarmee jy jou toegedraai het
Soos n winterskombers
In die koudste nag.
Ek proe die moegheid
Wat dieper lê as slaap
Dit skuil in die skadu
Van jou hart.
Ian Nel
Desember 2021 – Metafoor projek
1.Hartklop
My hart slaan
klok slag doef-doef
ritmies elke keer
tot my gedagtes
verdwaal na jou
of my oë jou aanskou
en my ore
die klanke van jou lippe hoor
wat my hart se klop
onwillekeurig verander
na ‘n bomalakiesie draai
want jy my Lief
is steeds my hartedief
Ian Nel