Jessica Venter
Brons klas
Mei 2018 – Moeders projek
3.Fondament
om ‘n ma te wees
is ‘n kuns om te bemeester
deur ma se voorbeeld
het ma met liefde
die fondasie van Afrikaans
in my hart kom lê
met sorg het ma dit benat
sodat dit kon groei
dankie dat ek by ma kon leer
hoe om ‘n ma te wees
want ma se liefde is kosbaar
ma se omgee is die fondament
waaruit my liefde blom
dis lekker om in Afrikaans lief te hê
©Jessica Venter
Junie 2019 Projek
2.Yspêrels
as winter op die naat van haar rug
haarself kom uitstrek
glimlag die son flou
oor die doutrane
wat blink op haar wang
haar koue asem
drapeer ‘n sneeujas
oor haar skouers
wanneer sy haarself kom tuismaak
onder ‘n miskombers
vang sy yspêrels
om haar naakte skoonheid
mee te versier
val haar sneeuvlokkielag saggies
en trippel spierwit spore
deur die winterwasem
©Jessica Venter
Oktober 2019 – Kleur projek
3.Reënboog inspirasie
met elke sonsopkoms
blink hoop op die horison
as moedeloosheid my vreugde steel
musiek ewenaar die ritme van my hartklop
ek verloor myself tussen die lirieke
van my gunsteling songs
waar die see se deinings speel
skep my siel asem
dis waar ek tuis kom
langs die stilte van ‘n bosveldvuur
onder ‘n stergevulde maanligaand
omvou vrede my hart
maar my beste inspirasie
kry ek tussen my hartsmense
hulle verf my palet reënboogmooi
en maak my lewe die moeite werd
©Jessica Venter
April 2020 – Grendel projek
3.Onsigbare oorlog
n klein virus
slaan sy tentakels
oor die ganse mensdom
en versprei sy gif
onsigbaar
oor die hele aarde
tussen vier mure
laat hy ons ingehok
sommige eensaam
en alleen ingeperk
togesluit vir ons die beskerming
waar sy straf swaar
op ons skouers hang
terwyl hy lag-lag
steeds sy verwoesting saai
al sit ons agter slot en grendel
sal ons die onstigbare oorlog
uitwis en oorwin
want my God is soveel groter
as die duisternis se magte
Kopiereg Jessica Venter
Mei 2020 – “Ek wens dat ek…” projek
1.God se skilderkwas
elke sonsondergang
is skilderagtig mooi
as die son ons wêreld met sy rooigoud kom tooi
en sy strale jou saggies soen op jou wang
waar die maan homself halflyf aan die hemel ophang
en die skemer vroegaand sy skadu’s gooi
om die melkweg vol sterre te strooi
terwyl hy die kopergouddag met sy duisternis vervang
ek wens dat ek so mooi soos Hy kon verf
maar die waarheid is vasgevang in elke geur
net God het die mooiste skilderkwas
met die rykste kleurespel om ons mee te bederf
waarmee Hy ons aardse palet inkleur
om ons elke dag te verras
©Jessica Venter
SILWERKLAS
Oktober 2020 – OOP Projek
3.Immergroen
jou omgee versprei
soet soos die reuk
van ‘n yesterday, today and tomorrow
tussen jou hartsmense
waar jou koestering
menigte harte
se honger stil
jou gebede verfris
nes die eerste lentereën
na ‘n lang droë winter
en jou tuiste bied
‘n lafenis
vir ‘n dorstige siel
“and honey, your soul
could never grow old,
It’s evergreen”
die herinneringe
wat jy agterlaat
sal ons ewig bybly
want jou liefde
is immergroen
dis vir vandag,
môre
en vir altyd
tot ons mekaar
weer eendag sien
rus sag
©Jessica Venter
09/10/2020
*Interteks – Uit Ed Sheeran se liedjie, Thinking out loud
Augustus 2023 – MUSIEK projek
1.Wingerdwoorde
as jou spasies
decrescendo deur my gees
dan verstaan my hartseer
jou song
jy skilder elke emosie
met jou stiltes
want die hartklop
van elke noot
speel deur my siel
sy solo simfonie
maar my gedagtes
kleur jou eggo’s
wat weergalm
deur jou retoriese refrein
tóg kultiveer jou klank
my lofprysings
en smaak ek die soet vreugde
van jou wingerdwoorde
(C) Jessica Venter
Septemeber 2023 – OOP projek
3.Genade plooie
b-l-i-n-d
is die hart
wat slegs die mooi
van ‘n lyf onthou
l-e-e-g
is die siel
wat aan die wêreld
se skatte vasklou
ware rykdom
lê in hoe ons liefhê
dis die mooi van jou siel
wat my hart onthou
en al lê jou grys wysheid
teen jou slape
en jou oë se blink verdof
is dit deur genade plooie
wat ons liefdesjaarringe
laat blom
en los ons ‘n legacy
van hoe ware liefde lyk
dis die mooi van jou siel
wat my hart onthou
want dis in hoe ons liefhê
waar ons ware rykdom lê
(C) Jessica Venter
21/9/2023
Oktober 2023 – KORT projek
Eervolle vermelding
Stem in die wind
selfs in die ritsel van die wind
sal ek U stem hoor
(C) Jessica Venter
(4)