Johan Jansen van Rensburg
Lees meer oor Johan Jansen van Rensburg
BRONS KLAS
Januarie 2022 – DRAMA projek
1.Wiskundig foutief (Covid 19)
Een komma vyf meter
eweredig gespasieër
praat die nuwe normal
wat die virus glo keer
Dis die afstand tussen positief en negatief
wat bedompig l ê en sus
agter ‘n masker of ‘n mus
gelate slaan ons elk die bal mis
Dat die absolute waarde van enige getal
altyd positief sal wees
positief na die liggaam
of positief na Gees
Nee! Die nuwe normaal wat positief vrees
een komma vyf meter
tussen jou en aftakeling
dis die somgetal, van waar die virus begin
Die afstand tussen jou mond en brein
gemeet skaars dertig sentimeter
dan die somtotaal tussen wat jy dink
bring jou lewe of laat jou sink
Dis mos wiskundig foutief
die absolute waarde van enige getal
Is altyd Positief
Ek is Positief
Johan van Rensburg
Januarie 2025 – OOP projek
2.’n Ou se U-draai
Omte U-draai
Kort ‘n ou “grip”,
skoene met rubbersole,
en ‘n pad van klip.
Mannemoed slinger
‘n Wye Es
oor ‘n ou se pynlike ervarings
en leer ‘n duur les.
Al knarsende oor die pad van klip;
van hartseer en van rou
skep ‘n ou momentum
om die koers te kan bly hou.
Omte U-draai
Verander ‘n ou se perspektief
Tot ‘n maltrap ervaring
van leed én van lief!
Johan Janse van Rensburg
FEBRUARIE 2026 – OOP PROJEK
1.Ouma se kombuis
Sou my huis kon proe
soos my ouma sin
koester klamme beskuit
snoesig in doeke gewin
beskermend sonder sorge
die geur van kaneel
veilig en geborge
waar alle seer weer kan heel.
ons hulp het verrys
uit die reuk van skaapboud en rys
gesondheid gegun
uit die meer – nie die min
melktert en souskluitjies
en more was ons beter !
toe meng die soet en die bitter
word asyn die eter
verlange vir ouma se kombuis
met ouma en kinders se gelag
ander wag in voorhuis
vir lekkerste eetgoed uit liefde gebak
Johan J van Rensburg
(3)