Leigh Olivier – Boekebessie
Lees meer oor Leigh Olivier (Boekebessie)
BRONSKLAS
MAART 2025 – OOP PROJEK
1.huishunker
Ek is siek van verlange. Ek
wil huistoe gaan. By klam
gras en doudeurdrenkte
bome wil ek aarde ruik en
water sien en rooiborsies
hoor. Ek wil huistoe gaan.
Waar reuse klippe eeue lank
oor heuwels tuur, en
skouers skuur met katedrale
waar ek van oertyd af weet
my siel behoort. Waar dit
koel is, waar die lug soos
groengras proe en die wind
na see en tyd ruik. Waar in
Augustus my geboortedag
met sterrereen herdenk
word, en April se goudgeel
affodille my smôrens
buigend groet. Die wind mis
- Die see sug kom t’rug,
kom t’rug. Ek wil huistoe
gaan. Ek is siek van
verlange
Boekebessie – LEIGH OLIVIER
(4)