Jongste aktiwiteit:

Leonie Jansen van Rensburg
vir

Leonie Jansen van Rensburg

Lees meer oor Leonie Jansen van Rensburg

BRONSKLAS

APRIL 2025 – AARDE PROJEK

3.Gradeboog van genot

Met vaardige vingers het die Groot Argitek

my sag gedruk – reg op die plek

waar jy oorvloedig sal kan leef

en nie gloeiend sal brand, of vriesend sal beef.

 

Jou gradeboog van genot wil my ál dwing

in vreemde wentelbane in…

 

Koorsagtig prewel ek jou naam

My lippe bars en my oë traan

Oor jou vermorsing van my genadetyd

En jy noem dít die “mens” se stryd!

 

Die Groot Argitek staan handegevou

en wag vir jou berou…

 

Leonie Jansen van Rensburg

 

 

 

(1)




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed