Jongste aktiwiteit:

Lynne Lexow
vir

Lynne Lexow

Lees meer oor Lynne Lexow

BRONS KLAS

September 2018 – Spyse vir die siel projek

3. Groenfontein se sielskos 

Daar is ‘n oase in my kontrei
waar water spoel oor laagwater brûe,
die silwervissies baljaar sorgloos en vry
en berge boggles het op hulle rûe

waar eggos van bobbejaan se kind
deur die vallei weerklink,
skilpad ongestoord sy pad kan vind
en die dou nog skoon op die blare blink.

Daar waar aalwyn teen die hange blom
en waar wilgers ne meer treur nie,
waar Jonas fluit-fluit met sy bokke padlangs kom
en Sara in die skadu haar potbrood knie’.

Dis daar waar Moeder Natuur my teen haar boesem sus
terwyl ek stil in die bries van haar asem rus.

Kopiereg Lynne Lexow 2018

Januarie 2019 Projek

3.2019

‘n Nuwe jaar bot
terwyl ‘n enkele saad
in die na-nag bars
met ontelbare vrae
oor rampe en Trumpmure

Kopiereg L Lexow

Maart 2019 projek

3.Dik Sus praat
(vir Wilma)

my vriende kom nooit kuier
want dis arm in my geweste
waar die brood altoos muf
en die stof op die ruite die son wegkeer
my beste geselskap is die fokjoupille
wat my moeë gees verlam
dan eers begin ek droom en dig
en my verhale straat-af skree
vir die bure en hulle vroeteldiere om te hoor

Neologismes : fokjoupille, vroeteldiere
© Lynne Lexow

Han Sjan sê (vir Phil du Plessis)
Deur Daniel Hugo

my vriende besoek my selde
want dit is bar op Koueberg
waar die yswater bergaf stort
en die wolke die son wegkeer
my beste geselskap is die wynkan
wat my dorstige gees verwarm
dan eers begin ek dans en sing
en my gedigte op rotse verf
vir die wind en water om te lees




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed