Marthie Joubert
BRONSKLAS
MEI 2024 – OOP projek
1.Jy wen
Ek kyk op
na die kuiltjie in jou ken
en weet dié rondte het jy gewen,
jou stem diep, ryk…
laat sewentig jaar se pyne wyk.
Jy sit weer die huppel terug in my stap,
jou pittige sê-goed en vrolike lag
kom lepellê hier diep in my hart.
Marthie Joubert
Desember 2024 – Kersfees projek
1.Boemelaar
Op karton onder die ou brug
wonder die boemelaar en sug
waar sy dierbares nou sou wees
op hierdie Heilige Kersfees.
Marthie joubert.
(2)