Paula Paxton
BRONSKLAS
Oktober 2019 – Kleur projek
3.Koel van my oë
Koel is die sig wat weerkaats in my oë
wat deurskynend vloei,
kristalhelder met ‘n swympie kleur,
deursigtig, kalm, vry!
Vars is die lug
van die hemele bo,
waar die arend sy vryeval af-ets
teen jou skakering mooi getooi.
Rustig die klank
wat my siel diep ervaar
in die maanverligte nag,
wat swart laat verdamp,
na die mees mooiste nag
wat die donker soos pik verfraai…
na die kleur van saffier.
Ryk en vol mag is my koningskleur!
PAULA PAXTON©
Maart 2020 – Triomfboog projek
3.Genade
In my treurende Jobskleed
het my klaaglied geween
onder moedverloor se vlakte
waar roet se roes reën.
Met swere oopgekrap
oor selfkastying van skuld,
breek die Woord voor my oop
vind ek alle hoop.
Ruis my siel soos die arend
vind ek krag in die wind,
vaar ek klapvlerk na bo
na my triomfboog se punt.
Paula Paxton
November 2020 – Samesyn-projek
1.Eenheid van ons
Knus in jou omhelsing
vorm ek myself
teen die aambeeld
van jou warm lyf,
waar ons tussen stiltes
lang gesprekke voer,
sonder woorde,
sonder stem.
In ons eenheid
is woorde oorbodig
want met ons koesterende liefde
het ons ewige samesyn
Paula Paxton
Desember 2020 – OOP-projek
3.Bronsink
Spartelend teen versmoring
waar ek in bronsink sink,
aamborstig in verstikking
as fobies my verdrink.
Paula Paxton
Februarie 2021 – Liefdes projek
Eervolle vermelding:
Wat is ‘n gevoel?
Gevul met ruikers
en lekkergoed so soet,
pret in elke opsig
en oorvloed in jou goed.
Maar eerder
bystand as siekwees
sy kloue in jou skeur;
die dood amper wou wink
by jou tweemansdeur.
As woede kom skroei
oor verskille wat ons voel
en wanmoed se seer
oor jou hart kom spoel
maar vasstaan,
want liefde is gee en neem
al maak dit soms ook seer.
Want van onvoorwaarlik liefhê
is wat God se Woord my leer.
Paula Paxton
SILWERKLAS
Julie 2023 – OOP projek
3..Letters
Op papirus pryk geskrifte
inkswart gegrafeer
pronk hul soos figure
op bladsye gedrapeer
parfuum ‘n ryke geur
as ink en perkament trou
en bladsye in eenvoud
in boekvorm toevou
vloei hul soos riviere
vorm ‘n verhaal
vertel van vele feite
oor elke volk en taal
beskik letters oor ‘n mag
om wysheid te kan bied
gee hul ten alle tye
die waarheid uitgegiet.
Paula Paxton