Jongste aktiwiteit:

Ricco
vir

Ricco

Lees meer oor Ricco

BRONSKLAS

SEPTEMBER 2024 – OOP PROJEK

1.Ek wens jou nader

Ek wens jou nader
as die aarde aan grond
en die son aan sy hitte;
verstrengel in drome
van wens om eendag
bewaarheid te word –
jy is die grootheid
wat klein krake vul
en skadu’s trek
waar die hitte soms wil skroei.
Laat die mensdom weet:
ek wens jou aan my nader,
nader as die aarde aan grond.

| ©Ricco | 2024

 

2.Twee pole

Die lengte van lente hierdie jaar

is die voorbrand vir somer

waar die son op strande

en swaargelaaide Kerstafels sal brand –

die Noorderbroers is koud én jaloers,

of dalk nie, want,

`n somer Kersfees

ontneem hul van die witte

waarvan hul in oorwurm deuntjies sing.

 

©|RICCO||2024|

 




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Koos Elsum het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak