Rosalee Meyer
BRONSKLAS
Januarie 2025 – OOP projek
1.Uurglas
ouderdom het
jou kort kom maak
klein en krom en min
jou knokkelvingers
kniesend saamgeknoop
wyl die tyd aanhou met
loop en loop en loop
maar ek onthou jou
hande se warm
koestergly die
soetmooi van bemin
en hoe ons saam
sterre kon vang helder
liggies teen die bang
dog vervloë is die vlam
die blinkend’ flonker
want nou leef jy in
die inslukdonker
© Rosalee Meyer
Maart 2025 – OOP projek
2.Omwenteling(Nuwe lid)
gister het ek die swaeltjies
sien swerm, ʼn V-formasie
teen ʼn vaal, vervelige blou
die son gevang in herfs se kou
en ek het gedink aan jou
in annerland waar tulpe nou
baldadig geilgeel groei
en my hart het stadig gebloei
Rosalee Meyer
(3)