Jongste aktiwiteit:

Reinette Thiart
vir

Reinette Thiart

Januarie 2021 – Verwagting(s) projek

2. Die Skooljuffrou.

Sy stap by die sydeur van die grou skoolgebou in; op met die trappe…sy sien geen bekende gesigte nie.

Sy stap na die personeelkamer, almal is besig om te gesels; vertel hul eie verhale en stories. Sy stap stadig ongesiens verby.

Aan die ander kant van die skool vind sy ‘n klaskamer met ‘n paar leerders, maar sy kan nie agterkom of hul bly is om haar te sien nie.

Sy blaai deur ‘n handboek; sy besluit om ekstra werk te gaan afrol, al is dit eintlik maklike werk.

Sy sukkel met die nuwerwetse kopieërder, kry die munte in die gleuf, maar sien sy benodig A3-afrolpapier.

In die ou sekretaresse se plek, sit nou drie onaansienlike dametjies. Sy probeer uitvind, maar die vriendinne is kwaad , want hulle is eintlik daar vir volwasse onderrig en nou moet hulle uithelp. ‘n Jongman bel en een luister vies, maar sy wis waaroor dit gaan.

Sy vind die ou sekretaresse by ‘n tafel buite voor ‘n muur langs die hoofportaal. Hulle kommunikeer bly. Hulle sweef-soek na haar motor, terwyl die see kwaai bulder en skuimbondels rondvlieg. Albei had Covid; sy soek na die R60.00, wat sy by die kopieërmasjien verloor het.

Sy loop die skooleienaar langs die pad raak. Die gluur stuurs en nydig by hul verby. Hy sprak g’n sprook en haar groet hang onvanpas, verleë in die lug.

Dwalend soek sy ekstra werk, maar sy herken steeds niemand in die breë,skemer gange nie. Sy is bly om soms buite in die son te wandel. Dikwels wonder sy of sy nie ook dalk ou Aristophanes se miskruiers moet probeer inspan vir haar tog nie. Die rit kan dalk meer suksesvol afloop, want sy kort nie kos nie.

Sy bly soek; wag bedaard vir ouers om hul kinders op en af te laai, partymaal stap sy voor motors in. Sy soek oral, maar kan nie vervoer vind nie, terwyl sy ontredderd ronddwaal.

Steeds sleep sy ongesiens, dwalend, bedags en snags rond. Sy maak en soek verskonings, maar niemand hoor, sien, antwoord of traak met haar nie.

Sy soek haar Rosinante, maar bly soos ‘n dolende ridder van ouds, wat nêrens hoort nie. Sy kan nie wegkom van haar verwagting om leerders met agterstande te help nie.

Die rye van afwagtendes, teen alle verwagting in, is tans te lank voor die hemelpoort. Sy sal nog vir jare vol verwagting bly spook.

397 woorde
Reinette Thiart




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed