boerseun
–
vredig sit hy op die stoep
die spelerige windjie draai
sy kromsteelpyp se rokie
in krullende varkstertjie
–
sy gedagtes gaan draai ver
anderkant die blouste berg
waar onthou lank gelede
vir ervaring ontmoet het
–
geen outomaat pla hom nie
van ghoegul weet hy mos niks
maar die lewe ken hy terdeë
deur oplettendheid alleen
–
om te redeneer oor iets
tot oplossings gevind word
dit is mos sy alledaagse kos
al reën dit nie altyd betyds
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.