brawade
–
een oggend kom
vermetelheid ingestap
met groot bravade en basuin
sy stem luid en braaf gestel
huid dik soos seekoei vel
oordonder alles en meer
leuens en wil beheer
–
toe die deining draai
verdwyn meneer vermetel
bly sy stem ver agter alles breek
skaars word sy stem hoorbaar
sy trane drup in fonteine
sy skande op sy dun vel
soos skrape wat bloei
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.