Jongste aktiwiteit:

Die Keuse

verdwaasd kinder oë
agter dik klei mure
staar na army bootse,
die donkerbril koppe
wat doelgerig loop
sonder om te groet

gemaskerde soldaat oë
bespied die terrein
want bewegings is gevaar,
kinders en stom vroue
sit as klompies vleis
sonder om te groet

gesluierde vader oë
sit geïsoleerd
in moderne tuiste,
maak versoeke besluite
ongeag die uitkomste
dis nooit goed genoeg

soldate loop doelgerig
maar net opbevel
en klompies vleis voel bedreigd,
vader keuses is ń roelet spel
oorgee is bederf weier heerskappy
en die koëls sal bly vlieg

in alle gevalle
van veg, dink en maaggevoel
val die balletjie bittermin reg
deur donkerbrille soek ons
ń unieke eie stans
en al keuse bly oorlewing

© Koos Elsum




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed