Die muur van my geheue
Dagbreek roep sag
oor ‘n doodstil oseaan
sy roep die golwe bymekaar
so sag en asemsoet
Soos ‘n newel vou jou
deernis om my
wat in kartels golf
van jou onthou
Die seeblou ink skryf
swewend en dansend
glinsterend soos die melkweg lyn
langsamerhand soos die sterre’ skyn
My opgevoude gedagtes
wat onwillekeurig ontsnap
en ek voel jou hitte gloeiend
teen my hart
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Altyd n plesier om Palet se werk te lees