Die Saga van Tristan se selfoon – Deel 2
Vanmiddag na ek vir Tristan by die busstop opgelaai het, gaan ons terug na die tjarra se selfoon-fieks-iet-winkel. Die gesig wat ek daar aanskou het! Ek weet nie eens waar om te begin vertel nie!
Met die inloop sien ek dieselle dofkop van gister agter die counter staan. My moed sak tot in my rosegold sandals – actually, as ek nou heeltemaal eerlik wil wees, is ek sommer op die plek moererig. Ek loop tot teenaan die toonbank met my slip in my hand as bewys dat ek klaar vir die job betaal het. Tristan is kort op my hakke – vol afwagting!
Op die vloer op ‘n kombers met ‘n kussing onder die kop lê die eienaar van die winkel (met wie ons voorheen sake gedoen het) voor ‘n fan! Sy tjarra-plakkies lê eenkant. Sy crack steek uit. Hy is op ‘n video-call besig met een of ander iemand in tjarra-taal -waarvan ek obviously nie ‘n inkilte woord verstaan nie! Toe die dofkop my groet, draai die crack-flasher op die vloer moeisaam om op sy ander sy. Hy hou sy hand so half in die lug om vir my te beduie dat ek nie dadelik aandag moet verwag nie, maar dat hy darem weet ek is daar. “Mam.” Sê hy en gaan voort met sy video-call.
Die call hou nog aan. Ek beginne te bid. Ek spot nie nou nie en ek traai nie funny wees nie. Ek bid rêrig. Dat die Heer tog asseblief vir my moet help onthou dat ek ‘n Christen is en ‘n brief wat deur die wêreld gelees word. Dat ek tog sal onthou dat ek nie mag doodslaan nie en dat ek nie mag vieslik wees nie, omdat my woorde altyd met sout besprinkel moet wees en dat geen Hindoe vir Jesus respekte kan hê as ek my by die geringste challenge soos ‘n vark gedra nie. Ek bid nog toe interrupt die tjarra my. Hy vertel dat Tristan se foon meer makeer as whatever fout is met die motherboard. Die charging-system is ook kapoet.
“I show you video-call, right? My small brother is on the other side. Technician. He is fixing little man’s phone.” sê crack-flasher. Behoede my! dinke ekke. Die laaste ding op die planeet wat ek nou nodig het, is om nog ‘n samoesa-fan te sien! Hy draai ôk sommer die foon na my toe. Lo and behold, daar is een of ander iemand se hand wat “iewers” een of ander selfoon (wat Tristan s’n kan of nie kan wees nie, want die gatkant want ‘n selfoon is die gatkant van ‘n selfoon…) vashou met sy een hand en een of ander bitter klein techno-gadgetjie met sy ander. “You see,” sê die tjarra vir my. “Little man’s phone. My brother already busy to fix. I help you, Mam. You are my customer. You already pay, what? R450? I do it for you no charge… or when it comes back, maybe small charge. Very little extra. Small-small.”
Daarna wend hy hom na Tristan wat omtrent al soos ‘n beskuit vier keer sy size geswel het oor al die ge-“little man” van die tjarra. Tristan march hoeka al die laaste drie minute op-en-af soos ‘n father-to-be in die wagkamer terwyl sy vrou iewers onder in ‘n gang skree van die pyn soos die baba die wêreld in beur ( oudae se tyd voor epidurals en ander volksvreemde luxuries)!
“I want you to be happy with your phone, little man. You already come back three time. I fix for you. You see. You come fetch Monday. Good as new. ” Ek smile en sê dankie,. My moermeter is ver by smile verby… ek vermoed ek het ge-“grin”. Tristan lyk soos ‘n ticking timebomb. Ek stoot hom liggies deur se kant toe voor hy ontplof en die ganse winkel in vuur en swael opgaan.
Toe ons buite kom, sê Tristan vurig: “Little man se gat!”
“Language, Boetie.” maan ek halfhartig omdat dit my Christelike plig is om die kind oor sy taal aan te praat. Hy loop so ‘n tree of twee voor my. Inderdaad, little man se gat! dink as ek na die jong vyftienjarige skouers kyk wat nou mooi breed begin word van die gymery saam met sy oupa.
3 Kommentare
-
Ronnie
Ag Ouma sterkte ... ken ek tieners en fone sooooo goed ... en hier in Natal hoef niemand my niks te leer van geduld met die XXX en die XXX en die engelse nie .... maar mens het ek leer bid vandag ek hier is :)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Nou hoop en bid ek ook! Dat die foon Maandag daar sal wees. En werk. Gigigi.