Gebrande Rook
‘Die versekeringsmaatskappy het ons oor jou gewaarsku.’
‘En tog is ons hier,’ antwoord ek, nie seker waarvoor hulle soek nie.
Die rook vul alles; steek alles weg; wys net dele van die storie.
‘Wat is daardie reuk?’ vra die brunet en trek haar neus op terwyl sy deur die rook tuur asof sy iets kan sien.
Ek grinnik. Hulle was gewaarsku en tog het hulle my kom soek.
‘Ek is nie seker of dit so ‘n goeie idee was nie,’ sê haar blonde vriendin en vat ‘n tree terug.
‘Gaan julle terug op jul woord?’ vra ek en vernou my oë.
‘Natuurlik nie! Dis net…’
‘Net wat?’
‘Dis nie wat ons verwag het nie,’ verduidelik die brunet vinnig, duidelik bang vir wat ek volgende gaan doen.
‘Adem die rook in. Wanneer dit opklaar sal julle hê waarvoor julle gevra het,’ sê ek en draai om, reg om te vertrek.
‘Wag!’
Ek draai terug en vou my arms.
‘Dit ruik gebrand.’
‘Presies.’
‘Maar…’
Ek lig ‘n wenkbrou en probeer hard om nie te lag oor hul verwarring nie.
‘As dit gebrand is, hoe gaan dit die beste verjaarsdag koek ooit wees?’
‘Dit sal nie. Julle het gevra vir koekies.’
Ek kêkkel soos die heks wat ek is soos die rook opklaar en die koekies – gevorm en versier om soos vere, sneeuflokkies en vlinders te lyk – ten toon gestel word.
‘Maar… Maar…’
‘Geen maars. Julle partytjie gaan wonderlik wees. Mense gaan vir jare nog oor dit praat.’ Ek lag saggies, mokkend. ‘Ten minse gaan julle kan luister al kan julle nie saam praat nie.’
Ek verlaat die perfekte funksie; die reuk van versiersuiker en varsgebakte koekies volg my in die rook wat waai. Die stomgelane meisies sal baie skoonmaak werk hê om te doen, stil, wanneer die partytjie verby is en die prys ten volle betaal is.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.