
Grassny
die gras staan
dik weelderig groen
te lank om te bly staan
die grasmasjien
staan helder rooi
te koud om te begin
die lewekoord
lê opgekrul vuil wit
ons ruk ruk vir ontvlamming
die rooi masjien
skiet wit rook wolke
stotter tot die dood
ń blink smoorklep
bietjie op & af stampe
beheer dié lewe en dood spel
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.