Grassny
die gras staan
dik weelderig groen
te lank om te bly staan
die grasmasjien
staan helder rooi
te koud om te begin
vuil wit lê
die lewekoord opgekrul
en ons ruk ruk vir ontvlamming
wit rook wolke
skiet die rooi masjien
en hy stotter tot die dood
bietjie op & af spring
ons blink smoorkleppe
dis die spel van lewe en dood
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.