Jongste aktiwiteit:

Lankmoe(r)digheid Oktober uitdaging: Italiaanse sonnet

Lankmoe(r)digheid                                        Italiaanse sonnet

in onnederige onverdraagsaamheid glo ek opreg

aan proselitisme van die pendulum se swaai

eensydig het die waarheidswet my siel so swaar verkneg

dat die kommerkante van die karmawiel weemoedig draai

toe stort die katedraal van sekerhede in duie

ongespeen van die moedersmelk van Mammon se leed

en aweregse duld–geen-strooi inkarnasie tye

het langsaam opgewen tot outydse oumens swamskeet

 

serviele siekte het sintsekerhede ontmasker

hardnekkig bly ek skif tot toebedeelde vrugbaarheid

en my knorrige gewete karwei ou leuens verseker

nou stap ek maar stil soos straf stadig deur jou beksbeleid

onblind flanker my verligte hart om die belgsbitter

jou wette van hierdie spel word die nuwe helheid

(C)MCH

Voetnota:

Neoligismes:

Waarheidswet – alle dinge wat jou psige vorm en bepalend is van jou vertolking van integriteit.

Kommerkante – die veelheid van aspekte waaroor die mens hom dag na dag kwel.

Beksbeleid – ander se wyd gepropageerde rigtingwysers waarbinne individue moet wandel.

Woordverklarings:

Proselitisme – sterk bekeringsywer.

Karma – Boeddistiese filkosofie( What goes around, comes around)

Mammon – geldgod.

Inkarnasie – aanneming deur ‘n gees van ‘n vleeslike liggaam.

Serviel – slaafs, kruipend, gunswerwend.

Sint – heilige.

Skif – een van die ander afsonder.

Belg – kwaadmaak, vertoorn.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed