Jongste aktiwiteit:

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van RiccoRicco is nou vriende

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Ricco het n geregistreerde lid geword

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Jessica Venter het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van CHRISTELLECHRISTELLE is nou vriende

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

Moedertaal

Dis nie die wekker wat haar wakker maak nie. Ook nie die sonstraal wat tussen die gordyne deur sluip en haar oë irriteer nie. Nee, dis die reuk van ñ bondel vars hondepoef wat voor die venster gebak is soos ñ trifle op ñ kerkbasaar. Annabel staan op met ‘n frons en lag onverwags: haar pa het altyd gesê dit lyk asof sy poef ruik as sy so frons. Wel Pa, dink sy, ek frons oor die dag se begin.

‘n Liedjie maal in haar kop soos ñ speellys op Jacaranda FM wat jy teen die einde van die dag uit jou kop uit ken. Sy neurie die refrein oor en oor en besef hoe gepas die Little boxes lirieke is juis op hierdie tydstip van haar lewe, maar sy kan nie al die woorde onthou nie so besluit om Mnr. Google te nader.

Little boxes on the hillside,

Little boxes made of ticky tacky,

Little boxes on the hillside,

Little boxes all the same.

There’s a green one and a pink one

And a blue one and a yellow one,

And they’re all made out of ticky tacky

And they all look just the same.

 

And the people in the houses

All went to the university,

Where they were put in boxes

And they came out all the same,

And there’s doctors and lawyers,

And business executives,

And they’re all made out of ticky tacky

And they all look just the same.

 

And they all play on the golf course

And drink their martinis dry,

And they all have pretty children

And the children go to school,

And the children go to summer camp

And then to the university,

Where they are put in boxes

And they come out all the same.

 

And the boys go into business

And marry and raise a family

In boxes made of ticky tacky

And they all look just the same.

There’s a green one and a pink one

And a blue one and a yellow one,

And they’re all made out of ticky tacky

And they all look just the same.

Die laaste sin maal by haar en sy sing dit saggies terwyl sy na haar kar toe stap. Sy neem die roete werk toe wat haar twee maande gelede geïnspireer het en hoop vir daardie selfde inspirasieinspuiting. Die Here weet sy’t dit nodig.

Haar werksomgewing bestaan uit klein bokse mensies. Almal bly in dieselfde gegoede area sentraal tot die werk en ander elegante uithangplekke. Almal doen dieselfde buitemuurse aktiwiteite – hulle draf saam en brunch saam oor naweke en besoek kunsgallerye waar hulle die lynkombinasies waardeer en analiseer. Die meisies het dieselfde klerestyl en gaan saam na die bekendstelling van‘n nuwe klerereeks van ‘n spesifieke ontwerper wat vormlose sakke vir vrouens ontwerp en dan skuil agter die konsep van ‘less is more’ en ‘form follows function’.

Rokke word nie gedra by die kantoor nie en slegs neutrale kleure deug. Sy voel soos ñ boheemse nar as sy met haar mark-gekoopte, pienk lenteromp by die werk opdaag – daai romp wat vir haar pa so mooi is, wat hom aan haar laat dink in ñ studio, besig om skeppend te wees met pen en papier en ñ plan. Die romp is nie dood genoeg nie, Pa, dink sy. Dis nie monotoon genoeg om te verdwyn in die agtergrond nie sodat slegs ñ opgesmokte persoonlikheid, ñ alleswetende en snobistiese self in die kollig van alledaagse interaksie kan vertoon.

Haar woorde val oor hekkies as sy met die boksmense praat. Hulle kyk na haar soos wat mens na die arm weeskind kyk met wie jou ma gesê het om ordentlik mee te wees in die klas (maar wie jy nie hoef oor te nooi om by jou na skool te kom speel nie). Die woorde struikel, want dis nie hul bekende ruimte van wees nie. Dis ñ dooie, monotone en kliniese taal waarin sy haarself nou moet uitdruk; ñ taal sonder die kleure van idiome en vergelykings en ryk r-klanke wat in jou vibreer met dieselfde krag as die boodskap wat jy daarmee wil verduidelik en oordra.

Dis ñ vormlose, aardkleurige, opgesmokte taal wat neerkyk op die helder romp van Afrikaans. As hulle maar net weet oor hoeveel hekkies van beskrywende naamwoorde en bywoorde hierdie tong moet spring en van moet weghardloop om ñ enkele sin in hul arbitrêre, algemene taal te spreek.

I am. She is. They are.
Ek is. Sy is. Ons is.
I was. I wish I were. She was. They were.
Ek was. Ek wens ek was. Sy was. Hulle was.

In my taal is en was ons almal gelyk. In my taal is die fokus nie op die rangorde van die mens nie – daardie hierargiese  energie word eerder gebruik om ñ skarlakenrooi wang van ñ bakvissie te beskryf, of die borrelende energie in ñ stoomtreinsiel.

Hulle kan kyk en oordeel en giggel oor die Boerekind. Dalk, net dalk, trek sy weer haar pienk blommeromp aan…




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van RiccoRicco is nou vriende

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak