
vir
Gedigte
naïwiteit
jy sien, maar jy weet nie
jy dink jy ken, maar jy is verkeerd
jou gesig is ‘n sonstraal van geel
jou glimlag sluit almal om jou in
jou viere houding spreek van trots
jou omgewing verlig deur jou inbors
jy luister, maar jy hoor nie
jy raak verlief, maar jy is onseker
jou persoonlikheid is eenvoudig mooi
jou woorde en klanke laat mens verleë
jou ervaring spreek boekdele van liefde
jou hartstog bloei uit jou goue kelkblare
jy lewe in blydskap van die hede
jy negeer hardheid van die verlede
©Teárlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.