Jongste aktiwiteit:

Selfvernietigende Liefde

haar lyf en emosies
was die slaansak vir sy pyn
met sy vuishouwoorde
het haar liefde vir hom gekwyn

die doodsteek van haar liefde
was elke hou wat oor haar wang vee
selfhaat en angs
vernietig haar tree vir tree

om hom lief te hê was die volmaakte vorm
van selfvernietiging, die nuutste norm

met haar honger hart
het sy al sy leuens verslind
gulsig om die honger te stil
is sy deur sy manipulasie verblind

met elke skop in haar ribbes
lê die vrees dieper ingestop
in sy mensgemaakte tronk van verwerping
sluit hy haar op

om hom lief te hê was die volmaakte vorm
van selfvernietiging, die nuutste norm

die haat wat in sy oë blink
kruisig haar siel
elke vloekwoord
het haar gees verniel

sy gaan nie stukkies van haarself laat sterf
net om sy wraak te voed
sterker staan sy teen hom op
om haar eie dood te verhoed

om hom lief te hê was die volmaakte vorm
van selfvernietiging, die nuutste norm

©Jessica Venter
09/01/2019




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Amelia het n geregistreerde lid geword

  • Net_Anri het n geregistreerde lid geword

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak