Jongste aktiwiteit:

Vry Beheer

koersbakens is ingetik
op autonome bestuursisteme
presiese alternatiewe roetes is
bepaal vir minimum verkeer gevaar
om mens in masjien af te laai

die stuurwiel diktator is ontsetel
nounet ń oorbodige onbenutte sirkel
wat mal koppie hardloop
heen en weer
in valse beheer vertoon

sondagmiddag ritjies
verdoesel as ontdekkings reise
is GPS* ontbloot
die agterpad slaggate
wikkel egter nog breinratte
oppad na onbekend en Vryheid

*Term : globaleposisioneringstelsel

AWS (2009): Lys van afkortings en simbole




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed