Vir my Sussie
PROJEK JANUARIE 2024:
Jy het geveg, 3jaar,
aanhoudend, swaar, sonder ophou.
’n legende van n vrou.
Jyt met jou hart en geloof
soveel om jou aan geraak.
Terwyl jou hoop sommige dae ook kraak.
Lalie, geen gekla was welkom rondom jou.
Jy was die voorbeeld van positiwiteit tussen mense.
Terwyl ek sien agter die deur, jou trane en seer.
Jy was met die hand gekies as n soldaat op aarde.
En daarna n engel in die hemel.
Die engele het gejubel en gejuig.
Hulle het vir jou gewag.
En daar is Jesus. Jy is nou tuis.
Jou vlerke was reg, maar nie my hart nie.
Jy is n legende, deur onsaglike pyn,
het jy vir niks weg gekwyn.
’n Ma n duisend, n suster, n dogter.
My lalie sussie, as ek maar nog net eenkeer
jou geswelde voetjies kon vryf.
Maar ek het vrede, daar waar jy nou is, makeer jy niks…
Wat jy agter gelos het,
is wysheid, vedraagsaamheid, liefde, omgee.
Jy inspireer na meer as n jaar steeds.
Jou prag-mens wees, leef voort
net hier by ons.
Die herinneringe van jou sal niemand nooit kan los.
Dit is die impak wat jy gemaak het.
En deur jou seer en ondraaglike pyn,
het jy dat die Gees harte red.
MICHELLE LE ROUX
4 Kommentare
-
-
Anita van der Walt
Baie hartseer maar baie mooi
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2024 - OOP projek