Jongste aktiwiteit:

Uh-Hu

Uh-Hu

Dit sou beter wees as ons nie kon praat nie
Uh Du Hu kan geen hart breek nie
En Mi Mo Mu nie ‘n droom verjaag nie
Si So Su nie ‘n traan geboorte gee

Dit sou beter wees as ons nie kon dink nie
Geen wakkerlê woorde wat maal in jou maag nie
Geen ontleding en diseksies van wat as en dalk nie
Geen opgehoopte onthou wat aan jou siel knaag nie

Dit sou beter wees as ons soos skape was
Bokspring in die son en karfoefel langs die maan
Geduldig gedweë geluksalig
Op die skouers van onse liefste Herder Heer

net kulu




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed